annablom
wanneer die blomme kom dan juig die fynbos alom voëls kwetter en speel vrolik rooivalkies sweef grasieus wanneer die blomme kom dan swerf motors om en om almal kwitter en kwatter elke oomblik op fotos vas te lê wanneer die blomme kom gesiggies al agter die son aan soms verwaai in die sterk wind heeltyd […]
leierskap
sterk en vors staan die leier sterk van inbors en integriteit sy stem nooit onnodig luid of orig woorde eerlik bedink en geloofbaar sterk en beslis is sy besluitneming lei hy van voor af en altyd gerig foute kan hy maak as mens maar nederig genoeg is hy om dit persoonlik te erken wie is […]
Formidabele vrou
Diep in die donker nag met draai van uurglas hingel my gedagtes in huiwerende trag oor grense en gebeure wat deurskif uit geheue. Moeders in hierdie tyd wat verskeie skoene volstaan met (on)sekerheid in raakvat-hande wankellose tred dapper ankerstaan om in voorste linies te veg vir selfbehoud en eie reg. Waarheid lê verskuil in worsteloë […]
verworwe goed of kwaad
met een skreeu het hy die wêreld ingekom deur water en bloed was sy reis so kordaat almal het ver gereis en hulle staan verstom met net een knal het hy die wêreld verlaat elke aardse dag word miljoene babas gebore elkeen meer mooi vir hul ouers as enige ander geen kleur of ras maak […]
roeringe
ou grysaard sit en roer haar pap stoom staan op uit die pot haar growwe hande skep vryf die pap tot baie fyn gesag onmiskenbaar matriargale stelsel werk goed ou grysaard sit weg gegooi onder sink afdak kookskerm vir ‘n dak op vuil goiingsakke slaap sy oor die rand borrel die rook uit waar die […]
soeter as heuning
waar die hart van vol is loop die mond van oor as jou hart vol duwweltjies is, beheer jou mond bak eerder beskuit en eet dit in die oggend stond as jou tamaletjie te hard is, is dit sommer goor die lewe is hard maar lekker soos ‘n nickerbol hoe harder jy suig, hoe soeter […]
ikabod
stille naweek son skyn oor my afgesonderde duin slegs hier en daar waag iemand uit selfs geluide gedemp en verskaar in teue van vars seelug en son oor my volk hang ‘n wolk donker soos olie-rook oor ‘n stad nêrens eers een weerlig of blits heers vrees en ontkenning geen slak wys sy gesig in […]
lied
tokkelend afgryslik klink die barbarese lied uit rouste verlede opgediep ritmies vervelige herhaling krap oor sinkplaat gril stinkende swetende lywe wat orgasties dans oeroue bewegings wat verlei verslaafde zombi-gesigte met verf strepe gekerf stoom trek uit klei vloer as skurwe ge-eelte voete drywend daaroor skuifel onder strepe gras vere en dooie diere kop ©Teárlach
helena
al om en om die baan draf atlete en sommer dom al vinniger en haastiger kom hul met bomenslike krag stu hul teen wind tot laaste paar treë gebeur sonder asem van agter kom helena met ‘n swaai van arms alle konsentrasie op die wedren van haar lewe stomend pomp haar longe in teue van […]