Die Hoender-meisie van Nooitgedacht
Daar is duisende kilometers se grondpad in Suid-Afrika waar geen mens ooit ry tensy jy daar moet ry nie. Een so pad is die pad tussen Warmbad en Nooitgedacht. Daar het ‘n paartjie Oom Drik (uitgespreek Dirk, maar gespel Drik, oorlat sy Pa disleksies was) en Ta’ Alie ‘n plaas gehad. (Nie Tant Alie van […]
ROOMYS Kwintet AABBA
ROOMYS Kwintet AABBA Ek wil sing dit is my gunsteling ek eet lekker vanilla roomys in my lekkergoed paradys ‘n versnappering wat kinders vreugde bring © Eleen van Deventer Vorster 19/07/2019
TYD IN ‘N BOTTEL
Tyd in ‘n bottel x die warmte van ‘n huis vol liefde, waai heuningsoete tyd in druppels goud en blink bymekaar om te bewaar in ‘n groot can fruit bottel om eendag op ‘n reëndag as mens jou vingers doop in die taai-soet stroop te smul aan soet onthou © Barbara Smit – 22/07/2019
Die huis in Terrace straat
Deel 2 “Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?” “Iets […]
Koning Stefaans van Staden
Ek het van kleins af al ‘n probleem. Nee wag, kom ons stel dit eerder so: Die samelewing het van kleins af ‘n probleem met my. Sien, ek hou nie van harde handearbeid nie. Ek hou nie daarvan om iets op te tel en te dra nie. Ek hou nie van hardloop of selfs vinnig […]
GOGGA Kwintet
GOGGA Kwintet My liefste groot gogga hy dra vandag met trots sy toga almal kan hierdie geleentheid sien My seun se graad is met harde werk verdien nou is jy ‘n ware Onnie! O togga! © Eleen van Deventer Vorster 07/07/2019
Briewe van my pa
Dit is ‘n koue wintersdag in september,donker wolke wat die hemel verdonker so asof duisternis sy aangesig wys,maar die duister wat ontkiem is van ‘n ander soort. Gaan julle tweetjies en gaan koop gou brood en melk vra moeder sagliks net om die somber gevoel in die huis te begogel,om die hartseer wat kom te […]
Dagboek van ‘n stukkende vrou (uittreksel)
“Jy kan ook net soveel keer in ‘n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies. Sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie oop…. […]
My Erfenis: my pot goud aan die einde van die reënboog.
My verhaal lê opgesluit in my geskiedenis. Dit is verweef in elke sandkorrel, gevormde klip en die fynste veld blom van hierdie land. Van die Ooste tot die Weste, van die Suide tot die Noorde is my storie verspreid. Daar is geen area in hierdie mooie land waar jy ons nie sal vind nie. Oor […]