Lewensboek
Lewensboek groot wou jy word daar was baie trane gestort vandag betree jy die wêreld onthou net jy is God se pêrel bou op die fondament die een waarteen jy rebelleer dit is nie gegiet in sement lewenslesse sal jy nog baie leer vat elke dag met nuwe hoop laat die Here saam jou loop […]
Die rooi dag
Die rooi dag Broer Witboy staan op die boonste trappie en hou die broers en susters met ʼn valk oog dop. Dis nie ʼn gesonde ding wat nou in Pastoor Johan se gemeente aan die gang is nie. Sy een hand in sy netjiese grys pak se broek sak gedruk. Met ongeduld krap hy sy […]
SOETPATAT
SOETPATAT Ouma se aspatat is baie lief vir soetpatats Ouma skil dit op ‘n marmerblad sy braai dit goudgeel en lekker glad Ouma se kleinkind eet gesond haar klein oggies is groot en rond dit kom uit moeder aarde se grond dit smeld in haar kleinkind se mond Ouma se lekkerste boerekos ek is versot […]
Grys Skakerings
‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy. Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was. ‘Wat gaan jy doen?’ vra Alyssa, […]
Histerie van ‘n Enkeling
Buite ‘n velhulsel talm ‘n gees, wyl woede wat walg weergalm deur dekades van dood wees, skeur ‘n geslote handpalm ‘n belaaide emosfeer. Veg vir ‘n reg – vir nét een! Gil om net te kan leef! Skree oor ‘n leeftyd se seer, ween oor ‘n siel – gebreek, alleen… sielsalleen. Skink die kelk van […]
Nageslagte. Nie vir my nie, dankie!
Dit is vir my nogal moeilik om oor “nageslagte” te skryf met die dat ek – om tegniese redes – nooit ‘n “nageslag” van my eie gaan hê nie. Die Liewe Vader het in Sy wysheid geweet ek is nie Pa-materiaal nie. Sien, ek het ‘n natuurlike vrees vir kinders. (Of is dit nou eintlik […]
Wilde Winde
Wilde winde Hannah hou haar dogter deur die kamervenster dop. Anita was skaars by die huis toe hol sy al stalle toe en spring op Bles se rug. Nou waai haar blonde hare in die wind terwyl sy oopmond lag van pure lekkerkry. Anita is reeds 23, maar dit voel vir Hannah soos gister toe […]
grond
(silwer) daar is nou niks meer wat die grond terughou nie die wind was nog nooit so wild soos nou nie sê my ma toe ek bel uit die Kaap die sand staan op soos mis en skuif in vlae onbetrokke treine tussen plaas- en werkershuise deur my ma sê dis die ergste droogte in […]
Genesis II (Brons 600 woorde)
“Dagboek inskrywing 20 Maart 2025. Wie van ons het nie al aan die groot D woord gedink nie? Daardie “Doomsday” profesie wat onder die mat ingevee word. Jy steur jou nie daaraan nie, maar tog krap dit in jou agterkop. Wanneer jy na wêreld statistieke kyk besef jy dat dit dalk nader is as wat […]