Resensie: Die rolprent MONSIEUR LAZHAR
MONSIEUR LAZHAR, die film Op ‘n Donderdag gedurende die groot pouse hang ‘n onderwyseres haarself in haar klaskamer aan haar blou serp op. In die hoofstad van Quebec, Montreal (sê ,Mong-reál’ of,Mô-reaal’). Die elfjarige seuntjie wat melkdiens het, sien haar deur die glasvenster van die geslote deur en alarmeer dadelik die onderwysers, wat noodmaatreëls tref. […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 2
Een vakansie is ek by my ouma op Uniondale toe iemand kom sê Dorothy is dood. “Wie is Dorothy?” vra ek, want van haar het ek nog nooit gehoor nie. My ouma sê dis haar niggie van Oos-Londen. Ek sê vir my ouma ek dink nie ek het haar al ooit ontmoet en my ouma […]
Onverwagte besoeker
Martie stap in die donker kantoor in. Sy sien nie die ongenooide besoeker wat op haar stoel homself tuisgemaak het nie. Sonder om te kyk gaan sit sy maar spring met ‘n gil op. “Wie de hel!” gil sy toe sy omdraai. Haar gil stol in haar keel toe sy die lang man voor haar […]
Hoe neem mens afskeid?
Hoe neem ek afskeid van ‘n leeftyd vriend? Hoe groet ek jou as ek weet dis ons laaste vashou? As ek weet môre belowe nie jou lag- Te bang ek vra myself Hoe dit klink Stakato, huk-huk Of roosblare sag Miskien ‘n heksie se melodie gesteel? Hoe keer ek dat die wal ineenstort? Hoe hou […]
Boskind by Seekoeigat
Boskind by Seekoeigat Boskind se droom, word eindelik, eens waar tuis, in die bos is sy, shoe! dis kant en klaar die skoonheid, van die natuur, is vir haar daar groter bewondering, is daar eerlik nie vir haar ai!! langs seekoeigat, sit sy nou en skater die apies, spring op en af, langs die water […]
Verlore tyd
Verlore tyd Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie? Sy vou die brief vir […]
Satans vuur
Satans vuur Satan se gryse vuur brand my siel. Sal ek dit kan verduur? Hoe kan ek my so verniel? Die ondraaglike gekraak van bene wat versplinter. Hoe koester ek wraak oor die mense se gefluister! In skaamte sak my kop alles wel verdiend. Gal stoot op in my krop, nooit sal hy wees my […]
Stilte
Stilte In stilte wagtend In stilte soekend In stilte treurend In stilte verlangend In stilte dansend In stilte liefdevol In stilte gelukkig In stilte vrede Daar in die stilte Sal jy my vind Daar in die stilte sal ek jou vind In stilte Sal ons siele mekaar omhels In stilte Sal ons mekaar vervul ©Lia […]
Bella Bella dans vir my
Tannie Bella woon in Madelief Tehuis vir Bejaardes. Sy sit in die gesellige televisiekamer. Tannie Bella is in ‘n rolstoel. Matrone het haar kniekombersie wat tannie Bella jare terug gehekel het, oor haar maer ou bene gegooi. Nou sit sy so, saam al die ander ou siele om televisie te kyk, voor middagete. Die ander […]
Pandora Box
Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]