DANS DANS MEISIE
(Brons. 1625 woorde) Annelie kyk stip na die goue bord op die koningsblou tafeldoek. Haar hande is styf inmekaar gevou op haar skoot. Die versoeking is baie groot om nie nou ’n sluk van haar vonkelwyn te vat nie. Nie dat mens hel toe sal gaan as jy onder gebed drink nie, maar sy sal […]
laaste dans met pa
Jou silwergrys hare kinkel skewelyn om jou ore jou wingerstok vingers vou saggies om myne in ‘n laaste dans. Pappa; jou oë vind myne en saggies, amper onhoorbaar begin jy neurie. Ek is weer kleindogtertjie klein, my oë vasgevang in joune in ‘n “make believe” wals. Kleine voetjies op joune, rondomtalie ons, draai en swaai […]
Lettie en die Wietbieks troue
Wanneer ‘n danser dans, probeer sy nie op ‘n spesifieke plek op die verhoog of dansvloer uitkom nie, maar om elke tree te geniet. Dit is eintlik ook hoe ‘n mens die lewe moet leef. * * * Elke familie het mos maar so ‘n gesin. Hulle is deel van die familie, maar as jy […]
Dalk … net dalk …
Met gehunkerde oë hou grootjies die ingang dop afwagting kom kuier diep in hul harte soos van ouds maar tyd stap stadig aan met geen geliefdes in sig dan doen teleurstelling skielik ’n vreugdevolle dans vat pos en sprei uit na elke hoekie van hul vlees traanskerwe word dan stil-stil in die lydensbeker opgevang met […]
Die haakdoring-haarborsel voorval.
Grote griet! Dis ’n inmekaargedraaide, ineengestrengelde koekerasie van epidermiese proporsies wat ek nou hier aanskou. Selfs ’n kraaines sou skoon skaam kry as dit langs hierdie koekerasie moes kom staan. In my wildste drome sou ek dit nooit voorsien het nie. Maar hier staan ek, ’n ongelowige toeskouer, wat ’n noodgedwonge deelnemer gaan word. Jy […]
Om te sê of nie te sê nie
Terwyl ek in die ry langs die besige toonbank staan, loer ek so versigtig moontlik of daar enige tekens is dat die winkeleienaar of personeel ʼn seëngroet sal waardeer. Ek meen nou maar net dat ek nie wil hê hulle moet Sekuriteit roep omdat ek dalk die vervloekte “K” woord gebruik het nie want dit […]
Stil my hunkering
As laaste goud van die dag oor vlaktes van my hart kom nestel en tarentale se skel gesange droewige verlange in my hart aanwakker kyk ek op na daar waar sekelmaan trots sy kop bo hemelliggame kom hang en vlonkerende sterre in die hemelruim speels vir my knipoog vir my glinsterende trane dan stuur ek […]
Jou laaste asem
In laaste rooigloed van jou wingerd gooi nag sy skaduwee oor jou my hart skryn stil ‘n skree ’n traan versplinter weerkaats die prism van jou lewe stil verorber roes jou lower tap jou asem uit wingerd met smart vervul groet ek vir laas jou kruishout in stof geplant. © Taai Bonthuys
Pappa, koffie – is dit ʼn Dreyer ding!
“Pappa, vanoggend terwyl ek so besig is om my moerkoffie in my dompelkoffiepot voor te berei, sien ek jou gesig skielik duidelik voor my. Jou leeragtige, songebruinde, geplooide gesig, jou flets blou oë, laggend. Ek sien hoe jy my vraend aankyk. So met ʼn vraagteken in jou oë. Ek besef dat daardie vraagteken die vraag […]
Die motdood
Engele opgestop in ‘n katot op die kaai se suiderkant waar die lyke yl roep en die winde goël Die maagde ontbloot hul silhoeëtte op die skavot rum tingel ‘n ou vaal blues kitaar die kaptein met sy een-oog staar swets oor die donker abissaal Troe-ba-doe, Troe-ba-doe, Tra-la-la, Tra-la-la sing die kardoes luidkeels: “moré lê […]