Sê Net Dankie
‘n Baba wees gelaat. ‘n Boemelaar honger op straat. En dan het ons nog die “cheek” om soms te kla. ‘n Kindjie afgeknou. ‘n Lyfie seer en blou. En dan voel dit of ons soveel berge dra. Kom ons wees net dankbaar. Wees eerder net dankbaar. Kom ons sê eerder dankie, dankie vir als wat […]
Sonnige somer
die temperatuur word warmer donkergrys verander na ligblou die winterreënval raak armer belofte wingerdstokke staan op trou elk’ wingerdblaar groei groen trotse druiwe ruik soetsuur die son bring sonnige seisoen en skyn op wingerde om elk’ uur snikhete was alle vuilighede af sonstrale ontbloot die gees en word nie swaar gestraf, maar versoet die menswees […]
Onverganklik Ewig
Onverganklik Ewig Die slaap wyk na die mooi operaprogram want die pragtige stemme se naklank draai nog in my kop, almal van divas reeds vort na die anderkant maar hul stemme bekoor ons steeds dog vir hoe lank eer hulle in vergetelheid versink, nuwe stemme betree die verhoë – – – Beroemde komponiste en sangers […]
Hoelank nog?
Hoe lank nog Ek kyk om my rond en ek lees, ek luister, en ek raak stom, verslae oor al die ellende in ‘n wêreld van hongersnood, oorloë, dood en siekte en ek sit my oop bybel eenkant neer en vra in ootmoed biddend Here, al die ellende is nie vir U oë bedek nie […]
Ek is ‘n baba
LAAT MY LEWE Ek is ‘n baba, maak my asseblief tog groot. Spaar my lewe, wees lief vir my, Beloon my tog nie met die dood. Op 8 weke begin my organe reeds te werk. Nog voor 9 weke kry ek my unieke vingerafdrukke. Kyk Mamma ek is ‘n wonderwerk – Beloon my tog nie […]
‘n Kruispaasfees
Klein Talana staar na die deur en spits haar ore. Sy probeer luister of Ouma al wakker is. Talana hou haar asem op om beter te hoor, maar blaas dit teleurgesteld weer uit as sy agterkom dat die grootmense nog almal slaap. Dis ’n Saterdagmiddag in Paasnaweek. Talana en haar ouers kuier by Oupa Attie […]
Paleis – Rebecca
“Voel dit vir jou ook kouer as ander dae Collin?” vra Marinda, met skrik in haar oë terwyl sy na die paleis kyk wat doer vêr agter die berge uitsteek as gevolg van die mus in die lug, haar neef weet sy is met die helm gebore, maar hy kyk haar skeef aan. “Dit voel […]
storm en vrede
wie praat met ‘n stem diep soos die donder soos ‘n leeu wat brom en brul? wie kom in die nag sluipend stil soos ‘n dief sy vuurwaens in hul glorie op die wolke! wie verlig die wanhoop van nag soos ‘n weerligstraal! wie roep oorwinnings eggos uit vanaf die kranse troon wie sweef oor […]
Vir Ewig
Vir ewig o Heer staan u woord vas in die hemele u trou is van geslag tot geslag die aarde het u gevestig en my gevorm volgens u hand lei my o Heer deur die donker land my siel smag na u heil op u woord wag ek getrou u is my skuilplek in nood […]
Die Wêreld Juig
Die Wêreld Juig Die pad was lank en die vlerke van die dood het swaar gehang maar die wêreld juig die gevangenis van die dood is bevry en die hekke van Eden is oopgesluit Hy dra die sleutel van die lewe en dood Hy is Koning ons Majesteit Hoor hoe mooi klink die klokke en […]