(on)Heilige grond
(on)Heilige grond “Unhappy is he to whom the memories of childhood bring only fear and sadness.” – H. P. Lovecraft Gebede kenter in kerkbanke: windgordel jou stém wat Sipresse ontwortel. Ek stik in die stank van wierook maar bid tóg saam, swartpeper op die stoof – om demone weg te hou, sien – Jou psigose […]
Reën bring lewe
My Heer… My hart staan nogsteeds op die kas… ek kan nie onthou wanneer laas daar gevoel in hom was, die stof op hom reeds dik vergaar – juis om hom teen seer te bewaar. My trane wil nie meer drup… ‘n leë gat daar waar die seer moet ruk, ek glo my emosies het […]
Waarom het U My verlaat
Waarom het U my verlaat? By die kruispad gekom wat uit gesit was vir my; stap vir stap, elke tree in my lewe. Lê op my, die Hand van Genade soos dit beskryf was en deur die Gees gelei. Verseker het ek geweet ʼn kruis moet ek dra. Met opregtheid in my hart, my sondes […]
RESENSIE: Wadjda, die Meisie en die Fiets, die film
In ‘n land sonder bioskope word ‘n film gedraai. In ‘n land waar vrouens so te sê sonder sivielregte is, draai ‘n vrou ‘n film. In ‘n land waar vrouens en meisies vanaf twaalf slegs met sluier op die straat mag verskyn en nie fiets mág ry nie, sit ‘n meisie alles in om in […]
DIS KERSFEES
In ons oë flikker bont sterretjies van kersfeesliggies. Oor toegedraaide geskenke loer opgewonde gesiggies. Tafels kreun onder vleise, brode en slaai. Siele en gemoedere word met vreugde oorlaai. Saam eet, saam drink en saam kuier, wyl Die Boodskap in die lug hang en kerkklokke beier. Die Koningskind verjaar, dis Kersfees! Laat daar vrede vir almal […]
AL MAAK DIT JOU KNIEË HORREL
Die eerste opdrag vir skoolkinders na ‘n vakansie, is gewoonlik om ‘n opstel te skryf oor die vakansie se gebeure. Hemel behoed my, ek het dit verpes, maar as ek nou oor my Desembervakansie moes skryf en vertel wat alles tussen Kersfees en Nuwejaar gebeur het, sou my opstel beslis volpunte gekry het. Nie oor […]
Betlehem geskenk
Engele het die blye boodskap gebring die ster se lig het tot in die donkerste hoeke ingedring ‘n Verlosser is vir ons gebore maar ‘n normale lewe was vir Hom nie beskore Toe Maria in Sy onskuldige kinderoë kyk wie sou kon dink dat Hy biddend sou smeek dat die galbeker moes wyk? terwyl Sy […]
Kersfees
Kersfees Here op hierdie Kersfeesdag die herdenking van U geboorte besef ek ons bly U kinders van ons geboorte af tot in die ouderdom want ons jare gemeet teen die ewigheid is nietig, nie eens ‘n stippel nie wyl U die Wysheid bestaan van ewigheid af en was ‘n kunstenaar naas Hom die Vader [Spreuke8:30] […]
Stille nag
Die woorde van hierdie lied is male sonder tal aangewend as bemoediging en om hoop in te boesem by mense wat hartseer, rou en verlies beleef. Stille nag dra die boodskap van Kersfees uit en dit simboliseer oor kleurgrens en status redding aan die ongereddenes. Dit is hartseer dat soveel mense juis tydens die feesgety […]
Vyfde seisoen
Swaar voete stap die jaar aan deur die eerste helfte en sleep traag voort op eie spoed Somer, herfs, winter en lente ritueel elk hul eie opvoering sonder een enkele oefening met grasie en perfeksie Foutloos vervul die seisoene hulle afgelegde verpligtinge en sirkel terug om volgende jaar nog ‘n keer verby te vaar Tog […]