EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]
WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET
WANNEER DIE SWAAR VERANDER IN SOET Vandag was ‘n lang dag. Ek hoor steeds die zoem zoem van mens en karre en bouery en gepratery om my, diep binne my verstand. My kop klop skoon van kopseer saam my hart wat selfs vinnig pomp. Soos gewoonlik op ‘n koue winters namiddag gaan klim ek in […]
rooi stewels (BRONS)
rooi stewels donker donderwolke dreun dansend terwyl die bliksemstrale boosaardig blits klap-klap kletter haelkorrels op die sinkdak en die aarde staan stil stom verdwaas vasteland lê uitgestrek in dor droë vlaktes as die hemele oopskeur in vlae verligting reën sak sissend neer uit wandelende wolke die uitkoms van reën is die aarde se balsem met […]
helder duisternis (BRONS)
helder duisternis uit diep donker duisternis is daar gevorm die aarde die hemel die lig en die donker afgekyk glimlaggend gesien “goed” die norm met beloftes van hoop wat in skemer flonker maal mense met menigte eie-ek taktiek oorgehaal om te eet van die boom van intellek verval verlore in die oormaat van kennis – […]
SKRYWERSVRYHEID
SKRYWERSVRYHEID (brons) (akrostigon) Van die dag wat my ink kon gly oor blad, my vingers kon dans oor letters Rakend aan woorde wat liedere speel op my hart se snaar Ydele gedagtes speel uit soos feë wat baljaar in die maanlig saans, sprokiesagtig Hemel op aarde moet voel soos diè Etlike oomblikke waar ek voel […]
Soeke
Oor vastelande heen gereis, oseane en seë deurkruis die lugruim ingeklief en tussen die hoogste wolke gesweef selfs oorloë en opstande beleef nêrens daar vryheid gevind – is dit slegs ‘n woord ‘n waanbeeld, dalk net misplaasde hoop? Gaan eerder en vind grafte waaroor jy nog rou grawe dit oop om jou siel te verlos […]
Zizzie hou partytjie. (Brons)
Zizzie maak gebruik van die son se vroegdag-strale om haar sag te streel terwyl sy kaalvoet oor die blare-tapyt trippel. Ligte herfsblare waai giggelgeel en oranjerooi bo haar goue krulkoppie rond. Orals om haar heen tiekiedraai die blare op maat van herfskleure. Zizzie hoor die grootmense praat van die grendeltydperk wat verby is. In fluisterstemme […]
Dans van die Harlekyn
Dans van die Harlekyn Simon vee liggies oor sy voorhoof. Hy swets toe die gesigverf op sy hande beland. Stadig maar seker neem die blou traandruppel vorm aan op sy gesig. Hy skuif die punthoed oor sy gladgevryfde hare en loop spieël toe. Dooie oë staar terug na hom. “Hoe lank nog Here? Hierdie maskerade […]
Ligteling
(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]
In my ma se tuin was daar ’n vyeboom
Mamma as ek kon sou ek vandag ’n draai by jou wou maak met melktert en geel blomme en sjokolade na jou smaak ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot; die paadjie na jou voordeur loop en aan die riffelruitjies klop ek sou langs jou sit op jou voorhuisbank en later deur jou tuin […]