Drome en ideale,
Ons drome en ideale. Wanneer ons op hierdie pad van enkelingskap bevind dan is ons geneig om oorweldig te voel oor die gebeure, die hartseer en al die finansiële probleme wat ons ondervind as enkellopende vrou. Dit is dan wat ons die belangrikste eienskap van ons menswees vergeet. Ons drome en ideale. Hierdie drome gee […]
Die spieëlvrou
Kritiek word verwelkom Anders as die meeste van ons is die spieëlvrou baie geduldig. Haar beeld ‘n konstante herinnering van wie jy is, wie jy geword het en selfs jou tekortkominge word onderstreep deur haar. So in die stilligheid is haar teenwoordigheid ‘n vingerwysing en vermy ons haar eerder as die spreekwoordelike wit olifant in […]
Diamant Divas Dubbel Standaarde
Diamant Divas word elke Woensdag oggend op Elan Global Radio uitgesaai. Die program was uitgesaai die 1 Augustus 2018 Na aanleiding van verlede week se onderhoude en die wat nie gebeur het nie agv verskeie redes, het ek weereens net besef hoe pynlik seer die dinge is waarmee vrouens worstel. Met die aanvang van die […]
‘n Nota op jou kopkussing (17)
Was dit ‘n laaste groet, Of dalk ‘n nuwe moresê Toe jy my saggies uitnooi Om styf langs jou te lê? ©Anton Bosch 20/06/2019
‘n Nota op jou kopkussing (16)
Toe jy gisteraand jou kop neerlê, het jy gehoor wat my gedagtes sê? En toe jy saggies na jou doomland reis het jy gesien hoe ek my liefde vir jou wys? ©Anton Bosch 20/06/2019
WINTER 2019
Winter 2019 dié jaar voel sy tande stomp sy weste wind se asem sonder sny sy handevryf se wikkeldansies lomp sy frons so nors oor ons nog kaalvoet bly die swaels vergaar maar kry nie koers die son is lui maar doen sy werk steeds keer sy skyn die somber floers word mis en koue […]
Die waarde van ‘n goeie onderwyser
Gister het ’n boom in my lewe geval. ’n Groot Geelhout in die middel van ’n digte reënwoud. Die blaredak, waar sy eens die sonlig kul-kul van ons af weggehou het, is oopgeruk en hemel kyk onbeskaamd op ons neer. Harsteer wil ek gryp na bedekking wat my dalk nog kan beskerm teen die ongekende […]
‘n Winter in herinnering (silwer)
haar middae mompel loom lou ivoor deur vensters ‘n boek lê op my skoot buite swiep sy stilweg skadusterte deur die geel haar werkers kerf ‘n landskapreliëf uit gras sy is die hooimakerseisoen sy voed ons skure vanmiddag staan haar hemel stil helder en asuur maar later sal haar hemel grys word haar werkers sal […]
Winterkaros
deur ‘n ysige wintersvlug kristal haar asem tiekiedraai en swaai haar yskaros dansend om die knersarms van gestroopte boom en plant wat swart na binne blom dwalend in verwondering deur verstrengelde stoppelgras wat flenter-vlerk knak en buig verkrummeld op die aarde neersyg terwyl stingels smagtend op ‘n nuwe lente wag soos ‘n vergeelde foto hang […]
Winterlittekens
as engele die oranje blare skommel staan die littekens bar en leeg sonder lewe – sonder vrees in die winter se oggendlied wat kraak in gelid die droefheid van wraak wat nes onder die kou’ wintergesange falsetto deur die ysige lug wat kristalspore laat onder kleurvolle einders wat dans in die lig op woorde wat […]