Woordakkoorde
Ek wil jou tenger in ‘n vers tussen die letters van my hart troos, sodat dit soos ‘n lokomotiefloods ons liefde oorlaai. Dan wil ek jou gevoel oprui met die majesteit van n maarlyfpen en inkspuitings van my digkuns diep in jou hartskreke infekteer. Sodat jy in die sy spinners van energie jou akkoorde kan […]
Die Hoender-meisie van Nooitgedacht
Daar is duisende kilometers se grondpad in Suid-Afrika waar geen mens ooit ry tensy jy daar moet ry nie. Een so pad is die pad tussen Warmbad en Nooitgedacht. Daar het ‘n paartjie Oom Drik (uitgespreek Dirk, maar gespel Drik, oorlat sy Pa disleksies was) en Ta’ Alie ‘n plaas gehad. (Nie Tant Alie van […]
Retoriese Ruimtes
Buite die sfeer van my binnedenke verstaan ek dat tyd relatief om alles hang soos ek en jy en ons bestaan en alles wat stelselmatig elke sekonde vergaan alom die kern van veranderende winde wat hulself eeuloos herhaal selfs saam met my wens dat ons dieper kon wees as net gedagtes, vel en been veral […]
Nagdenkers
hoekom die donker altyd die abrupte verdeling van tyd minderwaardig sal laat lyk weet mense soos ek ook nie vraagdun verhale speel daagliks af tussen mense, dinge, natuur emosies, die heel gebroke en die half geheeldes almal lewe asof tyd geen einde ken maar saans in die stilte van selfsoek wonder mens oor wonderlike werklikhede […]
TYD IN ‘N BOTTEL
Tyd in ‘n bottel x die warmte van ‘n huis vol liefde, waai heuningsoete tyd in druppels goud en blink bymekaar om te bewaar in ‘n groot can fruit bottel om eendag op ‘n reëndag as mens jou vingers doop in die taai-soet stroop te smul aan soet onthou © Barbara Smit – 22/07/2019
Ons
Vanaand mis ek ons. Ek mis sorgelose skater en ondeundheid wat sonder skaamte of toestemming in ons oë kom vonkel. Ek mis laat aande en glase wyn. Ek mis die musiek wat ons harte ligvoets en onopmerklik aan mekaar kom snoer het. Slu het elkedag en maandeindes hulself met dieselfde onopmerklikheid in ons gedagtes kom […]
LEERKOFFER
LEERKOFFER Stof is bruin en duk net soos jare se vuilgoed in ‘n blik bo-op die ou verslete leerkoffer vee ek met ‘n verestoffer die ou stof van my lewe af drama wat die lewe verskaf het ons gedra in die verlede reg kan maak in die hede herineringe bring die verlede bring weer hoop […]
Klaradyn, Klaradyn kom dans met my
Klaradyn, Klaradyn kom dans met my as ons saam in ‘n wals oor die dansvloer gly, want jy’s my Pollenys, my lieflike ding oor wie ek elke dag so vrolik sing. Vir jou is ek die witborskraai wat vlieg tot daar by Mosselbaai, as die volmaan skalks deur die wolke loer word ons saam na […]
Deel twee Vind jou voete
Vervolg van Deel 1, Ek wil tog ‘n paar oomblikke afstaan aan weduwees en wewenaars wat die afsterwe van ‘n lewensmaat moet verwerk. Die verandering kom soms skielik, wat jou rigtingloos en ongebalanseerd laat. Of, as gevolg van ‘n lang siekbed, beskou jy die dood op daardie oomblik as ‘n lafenis weens die swaar lyding […]
Deel 1 Vind jou voete
Metamorfose; die proses waar steenkool in ‘n pragtige gepoleerde diamant verander. Dit is tydens hierdie proses waar jy jou voete gaan vind en weer die lewe in die oë kyk. Die goeie nuus is dat dit nie die einde van die proses is nie. Met Augustus wat vrouemaand as tema het, lees en hoor jy […]