Jy is my sonskyn
Jy’s die son jy’s die maan die sterre daarbo, die rede dat ek lag en die sprankel in my oë. Jy’s die anys in my veerbeskuit die kondensmelk in my tee. Dis die senasie van jou lippe wat lewe aan my passie gee. Jy is die odeur van die veld na die eerste lentereën, die […]
Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Lied van die natuur
“As ek moeg word vir die lewe in die stad …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Dit het ek weereens besef toe manlief uit die bloute voorstel dat ons vir ‘n […]
SKOENE VAN GRANATE
Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die blink vertoonkas weerkaats rakke vol ou […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Tussen nowhere en nerens
diep in velde in waar waters rus waar woude en bosse groei herfs besaai lê die lappieskombers blare fladder van tak na aarde beleef ek my en jou se liefde tussen nowhere en nerens waar ‘n bruggie gebou is staan ‘n tafeltjie met bankie en hardloop my gedagtes vanwaar die brug, tafel en bankie diep […]
As Die Donker weer kom
Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens. ‘n Aspirasie. ‘n Verlange. ‘n Begeerte. Jy werk hard. Jy glo. Hierdie gaan ‘n pragtige huisie wees. En dan, kom ‘n wind en die huisie stort in duie. Dalk is dit nie eers ‘n harde wind nie, maar ‘n ligte bries. […]
Spitsverkeer deur Lynelle Clark
Spitsverkeer is refleksie tyd, veral wanneer jy wag om jou eindbestemming te bereik. Dit is die tyd wat jy werklik luister, hetsy na musiek, die dag se nuus of in gebed met die Hemelse Vader. Ander kere kan dit ‘n heerlike kuier tyd wees. Juis omdat jy en jou reisgenoot afhanklik is van mekaar se […]
Hier
Dit is laatmiddag toe my bande hand skud met die grondpad. Soos ou vriende in omhelsing kleef die stof aan die rubber terwyl dit kort-kort in omwenteling terugkeer en elke maal weer van vooraf met die sand kennis maak. Ek was nog nooit hier nie maar my siel onthou iets. Ek vermoed dit is my […]