Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Geluk"(Bladsy 29)

Stilte In stilte wagtend In stilte soekend In stilte treurend In stilte verlangend In stilte dansend In stilte liefdevol In stilte gelukkig In stilte vrede Daar in die stilte Sal jy my vind Daar in die stilte sal ek jou vind In stilte Sal ons siele mekaar omhels In stilte Sal ons mekaar vervul ©Lia […]

Sielsvrede ek was jaloers op ander se geluk liefde en samesyn wat hul ervaar die verlange was daar onder pyn en trane loop ek gebuk soos ʼn kokosneut is my hart gebreek oor en oor tot onherstelbaar myself wou ek graag wreek tot ek ook geluk ervaar min het ek geweet my hart moet oopbreek […]

Lewensboek groot wou jy word daar was baie trane gestort vandag betree jy die wêreld onthou net jy is God se pêrel bou op die fondament die een waarteen jy rebelleer dit is nie gegiet in sement lewenslesse sal jy nog baie leer vat elke dag met nuwe hoop laat die Here saam jou loop […]

Pennie in die sand As ek maar net, nog kon droom oor ons ou land sou ek werklik droom van ’n pennie in die sand die verre, verre verlede toe kinders nog kinders was die verbeelding van stories op die radio, nie op die kas kleiosse, modderkoekies, boomklim en speel in die water wegkruipertjie en […]

Goliat Tree vir tree tussen die skare stap hy nader daar waar almal kuier, raas en skertsend vergader moet hy nog een keer toegee aan hierdie strewe is hierdie nie dalk, net die Goliat in sy mislukte lewe hy val dieper en dieper in die donkerte af en af as hy net kon praat, maar […]

ORRELIS Ek sing my hart uit voor ’n swart plank op ’n leë verfblik; my gesangeboek balanseer teen ’n baksteen, my vingers gly op en af – ek is ’n orrelis in my verbeeldingswêreld. Ek kyk kamma-kamma na die note voor my, blaai om, trap met my voete op die onsigbare pedale en trek aan […]

Hulle sê jy loop nie sommerso deur Bruidsbos nie. Dis godsheilig daar; jy loop kaalvoet deur die bos as jy soontoe gaan. Dan vra die mense hoekom dan so godsheilig? Dis omdat daar net spierwit groei, wit-blom-goed, reinwit maagdeblom en konfettibos. Wanneer jy Bruidsbos besoek, moet jou kop oopte hê. Jy moet ’n mot wees […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed