Laat-lente se stof
my delila lippe lag fyn my voorkop is nat van bid, God en sweet en ek kyk weer in Sy oë; op na ‘n gewone wêreld wat niks weet nou jaag jou asem deur my are soos vroeg vanoggend toe die poue vêraf êê-êê met hul bont vere en deftige verwar my siel probeer die […]
Rugbytrots
Ons bly op ‘n besige hoek in Brakpan. ‘n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nu al gewoond aan die […]
Lola en die Denneboom Prins
“Almal se penne neer, die tyd is verstreke!” Laat weet meneer Le Roux. Ons almal sit ons penne neer en vinnig word die eksamen antwoorde opgeneem. Wat ‘n verligting, nou kan ek gaan rus. Was so benoud oor hierdie vraestel, maar gelukkig was dit glad nie so moeilik nie. Ek neem my sak en stap […]
Stormkind
Stormkind In my gemoed, hier diep binne, voel ek bang o Heer! Die storms, dit, slaan woes om my heen en weer Hoe nou! Waarheen, waar sal ek val hierdie keer Voor U aangesig buig ek, O!! Heer, keer op keer Refrein Met ‘n dankbare hart kom ek voor U Heer Ek buig in aanbidding […]
Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua het die son skaam in oker oor bergkranse gebloos terwyl wegkruipskadu’s pendule in apostelgelid onder die wind se penniefluitklanke van gisterdinge © Anzé Bezuidenhout https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/
Die kleurgrens van liefde
Soms kan die reis na liefde moeisaam en emotioneel wees, blou lug, geel son, groen gras en met ’n reënboog van kleure wat tussenin rondbeweeg. ‘n Jong vrou het in trane uitgebars, en ’n huilende jong man het weggestap, nog ‘n liefdes teleurstelling het stil tussen hartseer en pyn gaan lê. Die menslike begeerte om […]
SKOENE VAN GRANATE
Niks is uit sy plek nie. Die groenvyekonfyt staan netjies gepak; in ’n ry, etiket na voor, een agter die ander. Glashouers vol sagte suikerappelkose met rooi wange en swart niekkerbôlls staan ‘n vingerbreedte uitmekaar. Buite koer, kir en roekoek ’n paar duiwe in ’n groot koelteboom. In die blink vertoonkas weerkaats rakke vol ou […]
Laslappies van geel
Elke kleur vertel jou ‘n storie want kleur kom nooit alleen nie wanneer jy kyk in die lug, of op die grond wonder ek opnuut waste kleur is die son? Vanwaar kom die geel wanneer hy opkom die rooi met sonsondergang en die silwer rantjies om donker wolke Sy laaste strale wat seesand verkleur tot […]
stem te koop
daar is ‘n stem waarin almal belangstel almal wil dit so graag besit maar dit is nie te koop die stem van ware liefde liefde vanself so uniek geen aanbod of geld kan dit ewenaar nie net liefde vanself ©Teárlach
Net jy nou! Elke dag!
Net jy nou! Elke dag! ‘n Roos, vars in die lente tuin van die lewe is jy saam met jou, deel van jou, ewig, voel ek tog vry sonder jou, wesenlik,voel dit of my innerlike pynlik ly aan jou, liefste, moet ek, altyd my ewige liefde bely droog, naak, vaal, seer, soos die winter velde, […]