Resensie: Die Film, PARYS KAN WAG
Parys kan wag Francis Ford Coppola, seun van Italiaanse immigrante in Die VSA, is met sy agt-en-sewentig jare een van Hollywood se vooraanstaande regissieure en het mettertyd ‘n reuse „dinastie” om hom geskaar. Sy kinders het veral as toneelspeler beroemd geword, maar ook regissieur; onder sy nefies is ook bekendes, byvoorbeeld Nicolas Cage. Sy vrou […]
Splinternuwe jaar
Aan die begin van nog onvoltooide eindes kyk ek terug na die horison se skewe lyne tot waar die son, met sy strale my naam skrywe en ek ongemerk ‘n skoon droom oopskeur. Want soms as mens nog ‘n kans kry kan jy met vars kwashale oor jou hemelruim verf, eb en vloed oor onbekende […]
Stukkie bewondering
silwer stroom die water hoog van berge in aardse gronde skeppings uit wonderbare Almagtige hande gevorm elke tak en blaar en boom word gevoed uit hemelryk van bo klein en verskans word ek deel van ‘n stukkie bewondering in die natuurskoon van fyn druppels sproei oor my liggaam gesprei ‘n paadjie deur bome gekloof na […]
Menswaardigheid
Wysheid uit Spreuke Spreuke 16:31 Grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul […]
Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
nuwe geluk
geluk is selde maklik mense is soms so naar wanneer kry jy klaar dan raak jy ongemaklik leer jy ook hoe swaar geen woord is absoluut kennis is nie altyd nuut dalk ook nie eens waar toe word ek ‘n rekruut van evangeliese woord en Hy maak alles nuut ©Teárlach
Ons sal vergeet
Ons sal vergeet ek en jy.. O, Liewe hart van my … Ons sal weer probeer soos elke ander keer … ©Sonja Peacock
Maak my nuut
Sit my neer op hoë plekke en maak my nuut Maak my los van verdriet se giet en grendel my gister toe Kap die rots waarop my waan staan en beitel my oog se lens Behoed my sorgsaamheid se hand en vergroot my arm el Maal my korrelgroot weer fyn en huisves my in die […]
Ek weet nou jy was ‘n engel
Al was jou vlerke nie sigbaar nie en kon mens nie jou halo se glim sien nie weet ek nou jy was ‘n engel … Want dit was in jou omgee se hand en in die lengtemaat van jou uitreik Dit was toulengte in jou aanhou probeer en die sagtheid in jou hand se vashou […]
hasta la vista
ons praat in al ons tale praat oor onbenullighede om kwaliteit tyd om te kry families sien mekaar in liefde kinders besoek ouers getrou ideale jaareindes vlieg om dan kyk ons star na vore wat gaan nuwe jaar bring sal ons aangaan met ons lewe sal plaasmoorde heeltemal ophou sal ons paaie weer besaai lê […]