Soos engele vlieg
Engelmens van my
lê gou jou swaard neer
jy lyk moeg en jou pad nog ver,
jou siel skree in stilte vir skemer,
jou oë lyk effens soos myne.
Trap mooi en sag in die langgras,
want om oorlog te wens oor ‘n pad
wat verdwaald lê tussen nou en nooit –
asof môre jou kan verduister
is min of meer hoe ek dit kan opsom.
Jou slagveld lê oop soos ‘n jagveld
veldloos buite ‘n helse hemel
en dié wat nooit saak sou maak
moes jy ook vir eers net só los.
Hulle was anyway half doodgebloei en kaal gesnoei,
met teer siele wat seer afsmeer teen verledes
omdat hul hunkerende harte hallelujas halveer.
Want engele soos jy
vlieg eensaam en enigmaties
om ander toe te red van hulself.
© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.