Ek, die minnebrief
Skryf my op die duurse handgemaakte bladsy sodat jou luukse ink sag en suiwer oor die papier kan gly laat jou verlangetraan sinspeel op die lyne my saggies deursyfer en meer kosbaar maak as die rooiste robyne begin my met soenetroos, beloftes van minnekoos. Met soetelief, hartedief my rondloop gedagtes in ‘n handgeskrewe brief… bedek […]
Die reënboë sing
Weerkaatsings teen die muur vertel ‘n storie van silhoeëtte van die beloftes se uur. Die reënboë sing ballades as jy bereid is om te luister na die fluister van sy serinades. Volg die glimmer van dagbreek oor die horison se vlaktes heen waar die fyngoud skatte versteek. Die reënboë sing ballades as jy bereid is […]
stilte
ons moet kan stil word êrens tussen gedagtes duisende gedagtes mallemeule van dialoog oor bekommernisse soos geld, kinders, besluite en werk almal smag na sielerus wat verkry kan word uit oomblikke van stil-wees perspektief kry orde herstel soos ‘n blom in stilte oopgaan en dagbreek in stilte – soos chopin vertel het: “Die note op […]
SOEK EK NA JOU
SOEK EK NA JOU vers 1 Soek ek na jou in honderde gehore Sonder jou, is ek heeltemal verlore smag ek so, na jou stem in my ore so is my drome opnuut gebore vers 2 Soek en na jou in honderde gehore sonder jou, is ek heeltemal verlore soek ek na jou, om my […]
WINTER HART
WINTERHART Vers 1 Winter Hart, sny reg deur my wens jy was hier langs my sy? wag ek alleen, op die treinstasie wag ek vir jou met jou bagasie Vers2 Winter Hart, sny reg deur my wens jy was nou langs my sy wag ek alleen op die hout bankie met my warm stommende drankie […]
EMMERS PROPVOL LIEFDE
EMMERS PROPVOL LIEFDE vers1 Emmers propvol, van my ware liefde emmers propvol, net aan jou my liefste bakkies vol, van al my sagte soene bring asseblief, tog gou my skoene vers 2 Emmers propvol van my ware liefde emmers propvol, net aan jou, my liefste beddings propvol, van al ons glimlaggies deel ons saam, al […]
oorwinning
met diep blou see agter hul formidabele drakensberge riviere om oor te oorbrug voor hulle – het hul getrek met diep blou berge agter byna droë riviere voor ons het ons al begin terug trek na vrye lokkende weskus hier aan die voet van berge met voete in goudgeel sand staan ons rug teen die […]
Pêrel vir pêrel
Dit neem tyd dit neem inspanning dit verg konsentrasie om die snoer te ryg Pêrel vir pêrel wil ek jou bederf en een vir een omgee juwele string wat ek met voltooiing vir jou wil bring as herinnering dat ek jou bemin
bolwinde
soos klaas geswind ry witperde op die wind aandlug trek wolke in strepe reg stormsterk rukwinde speel palmtakke ruk swiepend heen en weer voëlneste skud hope uitmekaar kraaie vergaar om te oes waar hul nie gesaai het ©Teárlach
Kerswens
‘n Kersfees wens lê ek voor jou voete neer. Mag God jou ryklik seën, jou hart vol vreugde reën, jou siel se vrugte blom jou vyande vir hulself grom jou sorge wegkwyn. Mag jou drome jou dra en jy meer jyer wees om oor te loop van genade, geluk en vrede. Seënwense vir jou, vir […]