DIE DORRE KAROO
WONDER VAN DIE KAROO Die aarde is in blom grashalms swaai wuifend ge-ets teen die skemer golf na golf kom aangerol waar vlinders fladder Die mooiste mooi in dalende dag omsoom die hemelruim soos ‘n meester wat skilder met taferele van rooi en blou Maar seisoene kom en gaan wye vlaktes verander aarde word dor […]
Gekwes
hoog en vry gevlieg gesweef en luggolwe gery in sagte weiding genotvol neergevly maar toe … onverwags die harde knal ‘n tongskoot wat neerfel bebloed bly lê met oë stofbesmeer ondenkbaar die pyn wat wil besweer willoos oorgegee gekwes en mank gemoed fladderend, onmagtig om weer rigting te vind met moeite op te lig hinkend […]
Die mensdom
ek wonder, Heer hoekom die mensdom gedurig teen prikkels beur hulle so onnodig aan nonsens steur en altyd als uitmekaar wil skeur ek wonder, Heer hoekom die mensdom so sukkel om te leer te verstaan dat dit nie húl is nie maar slegs U, in beheer ek wonder, Heer hoekom U hul dan nie keer […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Seisoenaal
ek was jonk en vry het in die lente waaghalsig rinkink kommerloos en dartelend gesystap elke stormwind om met volheid van somer tot volwassenheid te groei drome gejaag, potensiaal bereik uit vrug saad geskiet waarmee ek trots pryk met taan van groei is my hande deur herfs geboei laag vir laag my menswees geskil om […]
Formidabele vrou
Diep in die donker nag met draai van uurglas hingel my gedagtes in huiwerende trag oor grense en gebeure wat deurskif uit geheue. Moeders in hierdie tyd wat verskeie skoene volstaan met (on)sekerheid in raakvat-hande wankellose tred dapper ankerstaan om in voorste linies te veg vir selfbehoud en eie reg. Waarheid lê verskuil in worsteloë […]
Verganklikheid
‘n lewensvlam word brandgesteek met eerste asemteug flou, flikkerend deur skadu’s omring voortdurend die wedloop tussen uurglas en lont met elke asemteug só terstond dreigend die stormwind van siekte of geweld meëdoenlose wedywer om voortydige blus maar, genade suurstof lig laat hoop telkens opvlam met wil om te veg gedryf deur oorlewingsdrang met uurglas se […]
EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]