Genade
Was die vensters van my siel
Met trane van verlange
Ek bring vir U my purperkleed
Met bloedbevlekte hande
My hart van klip, gekraak en bros
My wynsak oud, gebars
Sal U my van myself verlos
My sonde druk my vas
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Nugter Digter die gedig raak diep maar hoop bly, Dankie. Ek vind die feit dat elke reël met ń hoofletter begin opvallend enige redes want dis vir my nuut. Dan ook glo ek ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.