Flenter-vlerke van liefde
Flenter-vlerke van liefde deur die vloedgolf van vele dae het ons twee saam begin stap en midde-in die veertigdae storm het die tortel my vrede met ‘n botselgroen olyftak aangebring op die offertafel van jou liefde het jy my die ram in die doringbos gewys daar waar jy turend in die Braambos kaalvoetspore van genade […]
SAL ONS DANS
SAL ONS DANS Nou kyk – jy kan my in ‘n wip vang met dans; al van kleintyd al af! Ek was net vir Liewe Jesus liewer as vir dans. Dans was soos om met jou voete to bid; soos vreeslik baie liefhê; soos asem en lewe. Soos die vuur in my Hero se oë. […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
Die skemeruur (Brons kategorie)
nou, hier – in die stilte van die skemeruur kom sit styf hier teenaan my sy wyl ons gedagtes vêr in die niet in tuur met sekelmaan wat so lê-lê oor rante loer en die Piet-my-vrou se laaste eggo die aandwind roep lê jou kop hier teen my skouer terwyl my warmte jou sag omarm […]
Kindwees
‘n Eensaam traan gly stadig oor die geplooide wang, veg moedig vir ‘n oomblik teen swaartekrag se drang, en stort dan vinnig sonder weerstand blinknat straal tot op die sand. ‘n Hand wat bewend agternavee om te stop die stortvloed weer van hart wat pynklop diep hier binne, en wat vra ag hoekom, waarom Heer? […]
Wedloop van geloof
Hoe slu besluip die kettings my en klou my enkels, besitlik; ‘n ruie verstrikking teen my voortstromp’ling. Hulle bloedsleep my boos en honend, my vingers slym papperig in die klei, die waarheid word ‘n lugspieëling soos water op die warm teer… O God, my God, waarom voel ek jou so ver? Sal ek soos ‘n […]
Verslane loutering
my menswees se loutering lê in die blou weerkaatsing van my oë – in die klop van my witsandhart soos ‘n eggo oor die ronding van ‘n duin daar waar my drome toegewaai lê loop my spore afge-ets op klam sand onder soutlug as nostalgie my na die bloudam jaag soekend na lang vergete illusies […]
Mag Ek Jou Vra?
Mag ek jou vra hoe lief jy vir my is? Wanneer die swart verdwyn en al wat oorbly is die silwer op my hoof en as my kragte my verlaat om als vir jou te doen soos wat ek so graag wil, en as die dag dalk kom waar selfs jou lieflike gelaat vir my […]
Laaste Groet
As my laaste groet se wasem van die ruit se glas verdwyn moenie gaan sit en treur nie. Kyk ‘n wyle na die oggenddou en weet, ek is altyd deel van jou. Die son wat oor die rantjie kop uitsteek is ek wat loer vir jou, en vrolik vir jou lag. Onthou dan hoe ons […]