Vasgehou verlore
Vasgehou verlore By die wegspringblok het hy die leisels vasgemaak Hy het vasgehou sodat sy nie wegraak reeds tóé is die baan uitgelê so is daar vir haar gesê. In die suigeling skoene het sy mooi begin loop haar toekoms vir haar uitgekoop. Die tiener jare was sy anders en alleen al was sy goed […]
Êrens lê ‘n kind en huil
Êrens lê ‘n kind en huil Êrens in ‘n ver ver land lê ‘n kind en huil haar verlange in haar stem verskuil sy het in grendeltronk beland Haar hoop verbrokkel om haar ouers te besoek saam te deel in Kersfeeskoek in ‘n hartseer kombers gewikkel Êrens staan ‘n moeder op haar knieë trane loop […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 12
Hoofstuk 12 – Die regmaak se begin Sy slaap soos ʼn dooie mens, en wanneer Mauritz baie ure later alleen instap in die hospitaal, is ou dokter Friedrich daar, en weet hy, sy tyd is verby, hy kan nie terugstap na haar huis nie, haar weer in sy arms neem sonder om ʼn baie dwase […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 11
Hoofstuk 11 – Die siklus is voltooi So breek Zuluika se laaste twee weke aan en huil sy wanneer dit nag word, nog een dag nader aan die weggaan, en vra sy haarself, ‘kan sy nog ʼn verlies hanteer’, sy weet, al was daar nie ʼn Maxi in Mauritz se lewe nie, haar plek is […]
Waar is Pa ? Silwer
Elke wreed-warm sondag is daar ‘n familie wat sukkel met die lewe se staf wat van almoes moet lewe want die sorg van die huisgesin staan in die teken van plesierjag dobbel al sy geld uit: roek omtrent straf ook met baie drink wil hy van sy sorge vergeet en tyd snel nie heen soos […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 10
Hoofstuk 10 – Die pad terug Die Maandagoggend na die konsert naweek, is daar verskeie kleiner operasies wat geskeduleer is en Zuluika stap deur na die saal vir die voor-operasie besoeke van die pasiënte. Sy hoor die geswets, herken die stem, en sy glimlag. Hy sit-lê op die buitepasiënte bed, Rhoda rol net haar oë […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 9
Hoofstuk 9 – ʼn Nuwe Geheue Zuluika voel ʼn opgewondenheid wanneer sy en Mauritz met hulle bagasie deurstap na haar kamer, ‘vir vandag is hulle alleen’, en die vreugde verstom haar. Hy draai om by die deur, “Sien jou oor ʼn uur in die ontvangs,” hy weet hy moet nou eers ruimte tussen hulle kry […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 8
Hoofstuk 8 – Troos uit dit wat was Die oggend begin rustig, sy ken pasiënte aan die nuwe studente toe, en verkry ʼn bietjie agtergrond oor die nuwe drie se ondervinding sodat sy kan bepaal hoe sy kan aanvul wat hulle kort kom. Hulle stap saam met die saalsusters deur die sale, en die nuwe […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 7
Hoofstuk 7 – ʼn Nuwe Aanvaarding Die rit af teen die berg is glyerig, maar verloop voorspoedig. Die studente en die ander passasiers gesels aanhoudend, en Zuluika se gedagtes gaan terug na haar studente dae op Tukkies. Sy onthou veral die busritte van die Tukkies Filharmoniese Orkes wanneer hulle opgetree het, en sy verlang na […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 6
Hoofstuk 6 – Dertig Dae se Vryheid Soos die nuus rakende die nuwe dokter versprei, kom die mense van die gemeenskap vir behandeling by die kliniek en Zuluika se dae word voller en voller, en sy word een met haar werk, haar personeel, haar omstandighede, en die wete is in haar, vir eers is sy […]