Vredesjag
Vredesjag (Oor Depressie) Staande sit lêend regop vrede word gejag dit jaag haastig dag na dag polsritmies vermoeid uit plek week in week uit spartel vrede in angs moeitevolle asemteue skaduwees wat lag luidrugtig bulder vyandsbrul oë styf toegeknyp vir onheil wat wag smagtend na kalm strome begeerte na waters sonder siklone tropiese depressie hitte […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 9
Hoofstuk 9 — Van Aangesig tot Aangesig So ontroosbaar as wat Laurie die ure na Matthew se oproep was, so sterk is sy as sy deur die doeane op Heathrow beweeg. Niks, maar niks sal haar keer nie, dit weet sy, nie eers die stadige proses of die land se koue nie. Die waarheid moet […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 8
Hoofstuk 8 — So Pynlik die Waarheid Op die plaas staan Matthew op, versorg sy seuns en neem hulle uit om te gaan speel by die kliniek waar hulle onder toesig sal wees. Hy gaan sit weer by die kombuistafel en maak die volgende dokument oop — en hy verlang na Laurie. Hy vat ʼn […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 7
Hoofstuk 7 — Sondes uit die Verlede Matthew voer die heelnag deur ʼn stryd en vroeg oggend neem hy ʼn besluit, hy sal met die seuns na haar toe gaan en hy sal by haar staan want sy hart breek vir haar en iewers moet hy begin regmaak. Hy begeer Nathan Kilber se vergifnis meer […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 6
Hoofstuk 6 — Die Begin van ʼn Toekoms Die volgende dag het Laurie nuwe moed as hulle pad vat met die nuwe voertuig en sleepwa vol benodigdhede, ʼn kragopwekker en medisyne. Sy sal nie toelaat dat enige iets haar wegdryf nie, sy sal veg vir dit wat sy weet haar hele lewe is, Matthew en […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 5
Hoofstuk 5 — ʼn Nuwe Kameradie Einde September, terwyl die natuur verander van bruin na die ongelooflike kleure van die lente weet Laurie dat sy fokus verloor het oor haar doel met haar verblyf op die bergplaas. Sy gryp elke oomblik aan om saam met Matthew en die seuns te wees. Voel dit of niks […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 — Die Begin van die Tussenspel Laurie sluit haar oë en sit een oomblik stil in haar motor voor sy vertrek, — Here U weet beste, U het nog altyd na my gekyk en ek het geen rede om te glo dat U nie verder na my sal kyk nie — hou U […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 — Die Einde van ʼn Era Terwyl Laurie konstruktief dinge reël en beplan aan die veiligheid van haar pa is Matthew platgeslaan en amper gedisoriënteerd. Soos Laurie wat haar hele gemeenskap het wat haar bystaan het Matthew almal by die sendingstasie, maar beide voel in hulself alleen teen dit wat hulle in hierdie […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 — Agendas en Ultimatums Johan kom alleen twee dae later terug en teen Laurie se beterwete voel sy ʼn teleurstelling in haar. Haar hoop was om Matthew weer te sien, alleen met hom te praat, hom rede te laat sien en tot ʼn vergelyk te kom. Johan is saaklik: “Laat ek tot die […]
Toneel
Onverklaarbaar soms die dinge wat mens onthou en watter tonele jy naby jou hou: die duidelike klank van iemand se voetstap hallusinasies wat deur jou kop rondtrap Ek onthou nog die vreemde gevoel die aanraak aan die voorkop, reeds aan’t afkoel hoe onverwags sag die welige wenkbrou hoe kragloos klein die hand wat ek met […]