Toneel
Onverklaarbaar
soms
die dinge wat mens onthou
en watter tonele jy naby jou hou:
die duidelike klank van iemand se voetstap
hallusinasies wat deur jou kop rondtrap
Ek onthou nog die vreemde gevoel
die aanraak aan die voorkop, reeds aan’t afkoel
hoe onverwags sag die welige wenkbrou
hoe kragloos klein die hand wat ek met myne omvou
Ek sien die gesig aan my so bekend
en begryp nou dat
alles verander
wanneer ‘n
lewe
end.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.