laars
–
girts-garts trap die laars
opgerits tot bokant die knie
slof-en-stap uithou stap
–
swaar gelaai skouers vas
toegerits tot bokant my ore
krom-gedra klam gesweet
–
verbewe lê jy nou daar
ingeweef in kalkrantsloot
koue te verbeur snags
–
fiks tot oor my hoof
niks of niemand gestuit
voor niks knie gebuig
–
sit ek nou en droom
van jare ver in vervliet
om my valse verdriet
–
hoe het helde geval
tot stof gedaal in heelal
net suile-siele staan
–
uit dieptes gans verlore
staan op – staan op vir Jesus
sal die laarse weer stap ?
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.