Jongste aktiwiteit:

My bêre boksie …

Soms wens ek ook vir ‘n bêre boksie
wat ek styf teen my kan vasdruk
ek sal al die mooi daarin sit
‘ n stukkie van my lief-mense
en wanneer ek erg verlang
kan ek die deksel oplig en kyk…
.
Maar my bêre boksie is in my hart
dit gaan ook eendag oud word
en nie meer kan onthou
daarom wil ek vandag aan elke
herinnering vashou
vir so lank as wat ek kan…
.
MC Marx (C)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed