
Ek is mens
Ek is mens.
aan mekaar geweef
deur God se eie hand,
perfek soos die hele skepping.
maar ek is mens.
Ek raak kwaad
want ek mag
ek is soms ook
op moedverloor se vlakte
ek lag vir klein dingetjies
en huil oor kleiner dinge
omdat ek mens is.
Wanneer die lewe druk
wil ek ook soms opgee
want genoeg is genoeg
en dink ek,
ek kan nie meer nie
net nog n bewys
dat ek mens is.
Bo alles het ek lief
en gee ek om
vir die mense
naby en ver van my.
miskien dalk te veel
maar dit maak my,
mens.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek