Fyn soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
PIENK FROKKIE EN SUPPER WOLF..
PIENK FROKKIE EN SUPPER WOLF.. Pienk trek die harley oop, sy moet net vir wolf wen hy het nie ‘n kans nie. Pienk trek daai harley oop, sy moet fyn kyk want daai dop van liewe Heksie en die brood rolletjie het haar so liggies gekap. Naby ouma se huis sien sy twee groot ore […]
Wat vir ‘n TOWERY
TOWERY Midde-in die diepste winter waat ‘n knapie deur sneeu wat hom tot aan die heupe reik. Hy kry bitterkoud en soek êrens ‘n skuilplekkie tussen die bome van die woud. Net as hy uitgeput wil neersak, gryp hom ‘n klein mannetjie onder die arms en trek hom in ‘n donker gat tussen die wortels […]
Resensie: Die film, KRUISWEG
Die film, KRUISWEG In elke rooms-katolieke kerk is die „Pad van Lyding” van die Heer afgebeeld. Dit is in die vorm van veertien tafelbeelde of vlakskulpture wat langsmekaar aan die muur hang. Die gang van Pontius Pilatus tot die graf. Dit begin voor naas die altaar en loop na agter, sewe prente met passende bybeltekste […]
Straatkinders langs die see
STRAATKINDERS LANGS DIE SEE As die oggendson se straalvingers lui lui vee oor koerantkomberse in ‘n ry teen mekaar met klein lyfies koud na die nag se ineenkrul terwyl die Kaapse mis lig oor die see met hongerpyne van die vorige dag nog nie opgeklaar en vol vuilisdromme deur die dag leë magies gaan vul […]
Suigelinge
Soos suigelinge is ons almal verslaaf aan die tiet van die lewe, moedersmelk vir die groei wat hang aan ewige spene van liefde en verlange aan aanvaarding in hospitale se ellendige gange, ons benodige operasies om te herstel en hernu aan die geskeurde maagdevlies van drome en stinkende vlees van elk se […]
Gebroke huis
pappa is weg vinnig geskei mamma se deur is toe ek sien traanmerke vermom agter grimerings ek is jammer dis my skuld wens situasie was anders ek is magteloos wat ek sê of doen niks verander nie my hart is vol gate nou is ek die man in hierdie gebroke huis ©Roeline
Hartmure
vredige veilige veersagmure alles is warm en plesierig troos muur se salige siel liefde is ‘n beskermende arms maar een laat donkernag sit sewejarige seuntjie saam met pa seks op die kassie ‘n traan breek oor muur se gesig kinderlike musiek wals teen mure vrolike getrippel af in die gange gesonde ronde gesiggie is opvreetbaar […]
AFSKEID
Die tyd het aangebreek. Ons moet besluit hoe ons vir Seuna-kind gaan groet. Nie vaarwel nie, maar tot weder siens. Dis hierdie feit, die weersiens, wat my krag gee om soggens op te staan. Dis hierdie feit wat my die krag gee om sy klere te sorteer. Om te hou wat een van ons kan […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]