Karma (Limeriek)
Pou Piet Pompies wil meisies vang, So is elke vrou vir hom bang. Hy kleim hy is kaas, Maar brein byt die baas. Nou’s Piet Verdriet sy droewe rang. Charleine Collins © 2020 Illustrasie: https://www.britannica.com/animal/peacock
Grootste man met die kleinste hart……. Grepies uit ons lewe
Grepies uit ons lewe…. Herman werk laat gisteraand, Lesley, my kwadrupleeg-seun is by my Ma en Pa, ek dwaal deur die groot stil huis – laatmiddag Donderdag, 24 November. Van die yskas na die kamer… doelloos. Ek wil nie voor my Silhouette Cameo papier snyer gaan sit nie want ek het plegtig vir Herman belowe, […]
Tuinbou Limeriek
Oom Hansie is lief vir sy tuin Tant Ralie sê: “Als vir die skyn! Hy loer oor die muur In die namiddag uur Na die mooie Mev. Stienie Steyn!”
‘n Bitter knal van verlossing
Mismoedig sak Gideon in sy rusbank in. Die sagte stopsel omvou sy lyf en ‘n gebrek aan ondersteuning van jare se uitgeleefdheid sluk hom byna in. Die moeë rusbank is omtrent al wat hy oor het. Dit en die deursigtige gordyne met verbleikte, verwelkte blomme op, breek darem die eggo van sy eie stem in […]
Die storm aan die einde (Brons)
(1032 woorde) Die stilte in die motor is tasbaar. ‘n Ongemak wat almal ken, maar waarvoor daar nie ‘n woord bestaan nie. Buite word die nag soos dag toe nog ‘n weerligstraal die wêreld vir ‘n oomblik verlig. Sascha staar die donkerte in. Die broeiende storm buite weerspieël haar gemoed en emosies. ‘n Cliché, ja, […]
Laat-lente se stof
my delila lippe lag fyn my voorkop is nat van bid, God en sweet en ek kyk weer in Sy oë; op na ‘n gewone wêreld wat niks weet nou jaag jou asem deur my are soos vroeg vanoggend toe die poue vêraf êê-êê met hul bont vere en deftige verwar my siel probeer die […]
Nastergal Wolfram en die 72 Maagde
“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat… nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.” “Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë…” “Nee dankie.” “Wat van ‘n stukkie geel vet biltong?” * * * Soos dit mos maar op ‘n klein […]
Oom Kiewiet en Ta’ Makkie se lanterfantery.
Oom Kiewiet was ‘n kraakvars teologie student toe hy Ta’ Makkie ontmoet het. (Toe was hulle natuurlik nog nie “Oom en Ta’” nie.) Hy was so vars dat hy nog ‘n Bybelversie opgesê het as hy sy toon stamp, in stede van vloek soos die res van ons. Sy was ‘n sekretaresse vir een of […]
Die Dood en die tweede kans
Ek het haar doodgemaak. Jy hoef nie te wonder nie. Daar is geen raaisel, misterie of onoplosbare komplot nie. Ek het die pistool teen haar kop gedruk en die sneller getrek. Natuurlik nie sonder die nodige drama, trane en pleite nie. Daar was bloed orals. Soos ‘n rooi storm na ‘n droë winter. Dit het […]
Vlooie op Roossenekal
“Vir wat krap jy so?” Marthinus het die antwoord geken. Maar hy wou hoor hoe sy dit sê. “Dis baie droog in die hitte. Seker maar ‘n droë vel…” Antwoord Elsa met die oortuiging van ‘n Arabier wat sand in die woestyn probeer verkoop. “Verkeerd.” Het hy emosieloos reageer. “Pak jou goed.” “Wat?” Die paniek […]