Bloeiselblom
as ek kan uitstaan in maanlig aand met fluweel sagrooi wat drup uit my hart ‘n liefdeslewe ek en jy wat op wolke kan sweef ver weg van die seerkry aan gisters wil ek nie meer want vorentoe is daar ‘n lewe my bloeiselblom in maanskyn lig deel met my die pretwees van ons bestaan […]
My hart se sprokies wêreld
ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]
Pandemie
onverwags soos ‘n monster het dit ons kom bekruip soos ‘n slang in die nag donker adder geslag hangende in die lug waar niemand iets kan sien ver verwyder van mekaar met maskers word ons glimlagte verberg geen glimlag ooit meer te sien donker het die gedagtes geraak terwyl baie hul menswees verloor in ons […]
Ontduik
die waterstroom blink teen vervalle muur jare terug se verf verskif in dowwe reënboog nou ń oop toilet hande vroetel die lyf weet ek word gesien deur gebroke gat kyk oë die droeë mamerkom het jare laas gespoel die natkol sekerlik nie myne die reuk is oud, myne jonk sal bietjie stof opskop natkol en […]
Vrou van die nag
bemin wil sy wees en kies die sleg kant daarvan met moed waag sy haar speletjie staan sy op die straat en wag in mini rokkies getooi stop hul een na die ander bedwelm in die vlees gee sy haar oor op die hoeke van die straat het sy haar bemindes gaan soek soos ‘n […]
Vrese vol vandag
Geval soos ‘n verhefsde blaar koud in nat grond tussen ontroosde dorings herletsel in ‘n vreemde slinger vol vergankliksheidsvrese en al soek hulle jou sal hulle jou miskyk deurtrek in geel, rooi en bruin so sal jy wegraak in jou skare van skaduwees tussen die wat jou hand vashou. © 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Draai van ‘n seisoen (Silwer)
“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom is daar seisoene, ‘n tyd […]
Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles met buiteseisoene wat inwaarts woed verlore en verlate as gevolg van onsself elke keer as ek ‘n mens hoor gaan spartel gedagtes in my kop; verkorrel die verloop van tyd deur my vingers – dis juis dan dat ek so graag wil vlug êrens na ‘n ander plek soos ‘n […]
Aggressie uit jou kinderdae
liefdevol gee jy voor aan ander maar diep binne in jou lê daar ‘n berg donker tonnels waar deur jy veg opdraandes en afdraandes soos ‘n teerpad vol klippe wat skuur aan jou hart jou binneste was verpletter en verander jy soms in ‘n ander mens daardie gesplete persoonlikheid dan ontmoet jy skielik iemand wat […]
Lewenstryd (Silwer)
Die onsekerheid in vele oë vind aanklank in menige stem wat wanhopig skree teen hierdie stryd se rem nooit het ons kon dink óf ons lewe daarvolgens beplan dat hierdie lot ons sou vind ‘n weemoedsnet om ons span stil en magteloos onseker oor die verloop totaal uitgelewer en broos verpletter in wanhoop al word […]