Winter Bad
stoom rys lui na dak water balsem seer spannings punte eelte verkreukel in badwater vergete persone kom sit op die rant gesels deurdie mis oor hul geheime en word stil in dakdruppels onder die waterkombers span ek my seile vaar deur storm glowe na nuwe strande tot ń koue druppel my dak tref
Wie is ek? ‘n Outobiografie
My lewe is saamgeflansde potskerwe. Elke skerf ‘n letsel wat probeer om ‘n plek te vind in my lewenskruik. My geboorte is gehul in vrae … wie is my pa? Die vraag met baie antwoorde, maar tog bring nie een vertroosting nie. En daarom die rede vir die vraag: Wie is Ek? My eerste onthou […]
Ontsluit die poort na jou hart (Silwer)
O, beminde van my … ontsluit die poort na jou hart, lei my oor blaarbedekte voetpad weg van sinlose liefdesmart. Ontbos die toegerankte skanse, sodat jou oog weer opwaarts gly oopbars deur loofkruin, na hitte van die son. My versugting resoneer klankloos deur ons liefdestuin se windstiltes, slinger na vasklou om verdorde takke, waar my […]
NET JY EN EK
Ons nag-uur se sweef in ‘n bewustelose trans Is die vrede wat ons begeer weg van die glans Daar waar ons stil word in ons alleen-wees plek Waar ons niemand hoef te wees nie, net jy en ek Hoop ons werklik vir lig, wanneer toegevou in ons donker plek Wil ons werklik uit daardie wonderlike […]
PRISMA
Nog in die laaste uur van my weerskyn was ek vir jou ‘n spieël ‘n truweerkaatsing van dit waaraan jy so mildadig vas wil hou die ander jy wat van buitebreek ‘n binneding wou maak daarom gee ek my lens vir jou een wat lig kan uitstraal om ‘n nuwe dag se lyne oor jou […]
OKTOBERMAAND
Omgolwend kantel ons teen ongekende oewers bewakers van onsself ewig dobberend resensente van mensgemaakte aardkors meganismes aandeelbesetters van nemesis asems dwalend, soekend, verlore. © Okt 2021 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Bottelskim
Ek wil jou in ‘n bottel bêre in die binnesee van my siel sodat ek eendag weer kan onthou hoe jy my hart laat klop het toe lig deur my vingers wou glip toe vryheid in my om my vlerkloos gefladder het toe my spore soos wasemwolke tussen sonverslaafdes verdwyn het want sonder dat jy […]
Te
Alles wat met “te” begin is sonde, behalwe “te voet” en “te perd” – of so het ek gehoor. Te veel van enigiets, selfs die goeie goed, is selde gesond en die beste is maar om matigheid voor oë te hou. Dit geld toe ook sommer vir positiwiteit. ’n Mens kan rêrig te positief wees, […]
BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
beloftes van veldblomme
uitgeput is die winter en die moegheid van grys en die verleptheid van velde behou die veldblomme ‘n belofte soos die wind verse is die sneeu ‘n voorgang die reën ‘n refrein is so is die blomknoppe die brug en so vorm die fleurson ‘n lied waar die aroma vrolik speel neurie die veldblomme die […]