Jongste aktiwiteit:

BOS BLOMME

Wanneer jy weer Paarl toe ry
pluk vir my varkblomme langs die pad
sodat ek op ‘n gepaste oomblik
myself in die lente kan verloor

en wanneer jy weer huistoe kom
gee vir my jou ongetemde hart
sodat ek ook soos jy kan asemhaal
wanneer die dag haar ure
oor my eb en vloed.

Ja, bring vir my iets van ‘n berg
‘n waterval of ‘n verlore skemer
want my grense het verkrimp
noudat ek te veel sien en voel
die bakhandvrou in die straat
die kaalvoetman onder die brug
die traanbevlekte kind op die sypaadjie
en die skadu’s wat ons Afrika mense volg

of pluk sommer vir my veldblomsteggies
waar jy teen jou horisonne wandel
sodat ek voor blomtyd
vrede in ander se harte kan plant.

© Sept 2021 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed