Oorlog(silwer)
toe rookreuke verset krete balk skiet hul woorde oor oop verlate vertrekke en ek sien swartwolke vol mismoedige getuienisse ©Morné du Preez
Hes Hakkel en die Hanepoot Februarie projek Silwer 358 woorde
Dit was haar liefde vir die bottel wat haar lewe gekos het. Ou tant Mart het altyd na ou Hes hakkel as ‘die tannie met die druiwekorrelmond’ verwys. Hes was baie lief vir haar Hanepoot Muskadel. Daar het maar altyd ’n botteltjie iewers rondgestaan. Dit was ‘n anderse soort liefde daardie. Hes kon nie ’n […]
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]
grense (Silwer)
jy het wééreens die grens om my persoonlike ruimte tot op die grond vernietig jy het die oorblyfsels teatraal uit die pad geskop al dié eenman-teatertirades van jou was telkens wanneer ek jou wou leer van perke en van grense nou rig ek niks meer op – g’n lemmetjies, -doring, – of elektriese heining ek’t […]
Smeekbede (Silwer)
laat my losbreek . . . vry en hoog vlieg om my vlerke, vir jare reeds geknip tot wasdom te laat groei laat my nóú ontsnap . . . ongebonde glyvlieg om nuwe reisweë te ontdek die heelal se hemelstraat met vertroue te vind ek wil vergeet van aardse *treurspel van vrees en smart pyn […]
‘n klug (BRONS)
ek is vasgevang êrens in leemte tussenin twee verdeelde wêreld gehok in pyn met magteloosheid verlang ek na rustigheid my droomland waar groen gras groei horison geel geverf land gevul met aroma met voëltjies kletter en diere veilig wei maar dis ‘n klug waar die realiteit slaan my in verlange
Gister, vandag, en elke dag wat kom
Gister, vandag, en elke dag wat kom Gister- ‘n Wonderlike dag, die byvoeg van ‘n nuwe jaar Gee geleentheid vir oordink van wat bly oor, en wat is klaar Bring die onthou van die pyn, en die versekering, daardie trane is reeds gebaar Bly ons diepste onthou, die vreugde van die herroep van die liefde […]
Diepte van ons Onthou
Die liefde vir die natuur en alles daarin Die verlang na die veld, voor die dag begin Die herroep van kuiers in die majestueuse berg Die warmte van die lag, die humor van die terg Die flikker van die sterre in die helder melkweg Die vind van die bakens, wanneer ons teen rigting verloor veg […]
Kasgeraamtes (Goud)
geraamtes hang in donkerstyl aan ou hangers in ‘n kas geboë soos aan galge met saamgeperste vuiste (alles been op been) skuil agter ou ge-erfde jasse en bly vir jare daar alleen maar as die skadus konkel en strepies lig kom in verander die versteekskelet in ‘n moë marionet een wat struikel in sy val […]
OP PAD NA MÔRE (goud)
Oopgestrek tussen hemel en aarde skreeu stemme in my kop ‘n lyf vol letsels mank spore wat vorentoe swenk in my hand hou ek ‘n hart jy gee vir my al jou gisters en môres ons loop verder in skadu’s onder melkhoutbome ons luister na bokmakierie streel oor bosbaarde om te dink dat ons bekende […]