Smeekbede (Silwer)
laat my losbreek . . .
vry en hoog vlieg
om my vlerke, vir jare reeds geknip
tot wasdom te laat groei
laat my nóú ontsnap . . .
ongebonde glyvlieg
om nuwe reisweë te ontdek
die heelal se hemelstraat
met vertroue te vind
ek wil vergeet van aardse *treurspel
van vrees en smart
pyn en haat
liefde wat smaad
laat my rus waar genoeë is
beskut in hemelse sekerheid
met versoening wat weemoed stuit
©Driekie Grobler
*treurspel – drama
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek