Gister, vandag, en elke dag wat kom
Gister, vandag, en elke dag wat kom
Gister-
‘n Wonderlike dag, die byvoeg van ‘n nuwe jaar
Gee geleentheid vir oordink van wat bly oor, en wat is klaar
Bring die onthou van die pyn, en die versekering, daardie trane is reeds gebaar
Bly ons diepste onthou, die vreugde van die herroep van die liefde ervaar
Vandag-
Die nuwe jaar is daardie skoon boek waarvoor ons wag
Duisende oomblikke wat ons wil beklee in volle prag
Die vereiste is nie om alles op een slag te noteer
Die uitdaging is in die beleef daarvan, keer op keer
Elke dag wat kom-
Kan ons die ervaringe wat ons gemis het, hierdie jaar beleef
Kan ons oor die velde hardloop en deur die wolke sweef
Kan ons die liefde wat ons ondervind in ons DNA vas weef
Kan ons hierdie jaar – in volle oorgawe leef
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.