Kriekesang
Drie uur in die môre oor die nag se walms in palms sing ‘n kriek triestig van verdriet krr-krrr-krrr-tjie-krr sy liriek word spasmodies met wanstaltige note – geen antwoord op sy skree – maar eensaamheid sleep hom mee ritmies tik dié nag verby vlietend ontbind my gedagtes v-l-u-g-t-e-n-d dit bring my t’rug na jóú my […]
Uit God se hand
Vandag het ek jou ontvoer na die heelal van my stiltes daar waar niemand ons mymerings kon hoor. Ek reis dikwels na hierdie plek (saam met jou… in gees) waar waanbeelde van ons mitologiese droombeelde regeer. Hier tussen die griekse gode smag ek smoorlik en behoorlik na die selfkant van jou siel. Op die oop […]
lentetyd
Nuwe lewe roer in ou boomsap lentetyd beloftetyd kleurebotsels blom almal kry die blye boodskap die swaeltjies het huis toe gekom. Te lank die winter kou te lank die winter grou ‘n kakafonie van kleur en klank bars kos as voëls saamsnater dit is ‘n nuwe seisoen dit is tyd om nes te bou tiptol, […]
Om weet te leef
Jy weef vir my ‘n mat so sweef ons hoog bo die grond oor dale, oor berge, hoog bo wolke. Jy sing vir my ‘n lied wat eggo’s vleg om my siel beroof my ruimtes van stiltes so neurie ons saam met die wind en dans in die strale van die son. Jy skilder vir […]
Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan en in die verte na niks voor haar staar. Daar was ‘n storm in hom waarin sy haar stiltes moes begrawe toegedraai in ‘n wit wolkombersie moes dit sink s-e-s voet diep. Daarom is haar lag leeg en haar lyf […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou