‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Syns vir die Najaarsblomme
Roesvlekke op die najaarsblomme vertel haar ‘n storie wat sy nie wil hoor nie. Mae knyp haar oë toe, maar dit help nie. Beelde van wat gebeur het vul haar hele wese. Twee Feëryke buite Feërie het baklei oor eienaarskap van die land waaroor sy loop. Swaarde het koppe verwyder; pyle het hul merk getref […]
Dis grafstil.
Wanneer ek jou besoek by Langberg voel ek,leeg,nietig,weerloos en hartseer. Dig by jou graf is daar ook geen voelgeluid Dis asof die lewe stil staan,hierdie voorreg verberg. Hier merk ek geen vreugde elke keer. So graf stil met geen tasbare hoorbare geluid. Die stilte klou letterlik vas soos n neet aan jou klere. Jy bly […]
Net bang wees.
Moet ek net bang wees vir more die heeldag. Of moet ek net bang wees vir diep snydende seerkry . Moet ek dalk bang wees vir koue pragmatisme. Dalk,bang wees vir myself,my swaarkry. Of,te bang wees vir tweesnydende nepotisme.
Die Gerug is…
Jamie MacKinnion loop doelgerig deur die dik plantegroei wat baie na ‘n tropiese woud lyk. Hy dink nie veel van Feërie se nuwe voorkoms nie. Waar dit eens soos die koue Caledoniese woude, kaal vlaktes, heivelde en berge gelyk het, staan net die Feë Koningin se nuutste gier. Dit maak hom woedend. En dit voed […]
Die see se sang
Die see se sang Die see sing so saggies vanogend bruisende branders breek ritmies getui-in getui-uit getui-in afgestomp teen die storms binne my miskien kan ek hier rus en vrede kry die wippende water maak my seer stil buigsaam soos die branders, breek my wil. Sjoe-sjoe ritmies eentonig heen en weer daag die stille oseaan […]
Nimbus van heimwee
Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas daar by die gekoekte knoop in ons las soos sandkorrels wat deur ons vingers val lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal. Jou sagte soene swaai nog oor my wang elke keer as ek so innig na my duifie verlang ek voel jou steeds bruisend aan my are […]
Onwerklik.
Ek skepsel het my hele wese tussen gister en more Iewers verloor of agter gelaat erens tussen die hel en die heelal Die werklik in onwerklik is te naby vir my;te~naby mekaar ook die waarheid en lieg te eerlik om te verstaan. Ek besef ekt my pas as Christen versaak net omrede ek my littekens […]