‘n roos vir jou…
rose vir elke mooi vrou mooi rose vir elke vrou rooi, wit en geel rosies reg om getrou te skenk rose vir ‘n verjaarsdag en elke mooi somersdag elke spesiale geleentheid wit rose trou op die graf rose vir elke een wat huil siek is en bemoediging kort ook ‘n rosie vir jou ou mens […]
Herbou my Koningkryk
My menswees beklee in siersteen en fynpleister met edelmetaal gesmee. Gebrandskilder die vensters van my vreedsame siel toe hoop my hart betree. Die plankiesheining lelieblank en lowergroen vlaktes versprei waar die geur van bloeisels en die vredesbries ons liefde kom verklank. Die vuurtjie het nog warm in die kaggel gerus toe jou woedebui dit ylings […]
Johanna en die trampolien
Johanna en die trampolien Die beste televisievertoning wat ek nog ooit gesien het was nie op die kassie gewees nie. My drie seuns besluit toe mos eendag dat die Masaai wagte, Johanna en Thomas, aan die wêreld van televisie voorgestel moet word. Die twee mans, ongewoond daaraan om binne groot huise soos ons ene in […]
Freddie en die bootbouers
Freddie en die bootbouers Stone Town, die hoofstad van Zanzibar, is nie groot nie en eerder ‘n groot dorp as ‘n klein stad. Mens ry nie sommer in die plek rond nie, want die binnedorp is oud en die straatjies is smal, en die buitewyke is maar vuil en bouvallig, met stukkende paaie en alles […]
toneel skikking
juigende jubelende geesdrif net mooi glimlagte oral oor vakansie tyd is heerlike tyd vroeg op die strand is dit stil dan slaap vakansie mense nog soms is daar ook geesdrif vroeg golwe bly altyd vriendelik lok met sagte weste wind wat waai kan almal lekker speel en baljaar môre waai suid ooster dalk weer bring […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]
Die rivier en die viertrek
Die rivier en die viertrek Daar is verskeie paaie en roetes wat ‘n mens gebruik om by ‘n plek te kom. Daar is ook ‘n goeie rede hoekom ons meestal viertrek-voertuie in Tanzanië gebruik. Die reënval in die reënseisoen is van so ‘n aard dat die paaie sommer binne ’n halfuur oorstroom, en dan het […]
Thomas en die wasbakboot
Thomas en die wasbakboot Thomas was een van ons huiswagte in Tanzanië. Huiswagte is manne wat huise snags bewaak, en in Oos Afrika, soos dit seker ook in die res van Afrika is, is huiswagte nie net vir rykes nie, dit is vir almal wat ‘n huis bewoon, veral blanke buitelanders soos ons. Baie van […]
Hoe Stap Ek ?
Redding kom uit ‘n eie wil – , die verskonings is koud, kil; die hout is nat en sonder wil, dit is stil, dis so vreeslik stil. Geen stemme of geraas – , met werklikheid daarnaas; eerlikheid is die eintlike baas, maar maak brand is dwaas. Swaar is die las van ‘n mens in sy […]
drama-teug
huppel-stap twee jongens verby duidelik hul wittebrood by see hang laf aan mekaar en streel liefde so mooi en heilig (vireers) geen siniese ou oom of tannie kom hulle geesdrif nou steel nou is dit net hulle wat bestaan reg en mooi en heilig is liefde saagtand spoel branders uit sit ek en bid dat […]