twee oë kyk
– een oog het vir ander gesê hou jy ons op die regte pad ek sal na die ander kant kyk – mooi het vir lelik gesê bly jy net mooi vir die oog lelik het toe gaan skuil – geluk het vir ongeluk gesê lag en sing jy maar oor alles ongeluk het toe […]
korporasie stories
– ons land suid afrika sedert neëntien sestig al ‘n republiek – ons land suid afrika sedert vorige regering al ‘n korporasie – die see front behoort aan almal of so het ons mos gedink alles behoort aan korporasie – jou lewe behoort mos aan jou of so het jy mos gedink stilweg steel korporasie […]
om te of om nie te
– wat is die waarheid wie werk vir wie wie baat en wie nie – is kudde immuniteit gesonde beginsel sal dit ooit regtig werk – wanneer is ‘n siekte totaal uitgeroei of is dit net ‘n mite – hoe meer kudde immuniteit daar in diere bestaan (*) hoe meer kwesbaar is hulle – hoe […]
Fietsryers
kantel heen en weer pa strompel saam ma dirigeer gesamentlik buite beheer van die fiets leer dans die speke skiet versekerd straat af flits verby verkeer, ouers sit voor tv mis die briekdans robotte beheer interseksie verkeer ouers is nou gerus, blink dink fietsryers jaag die wal af
groot groter begroot
– hoe ouer mens word hoe kleiner lyk dinge uit die verre verlede – hoe langer mens lewe hoe groter die behoeftes hoe kleiner lyk pensioen – eers word mens langer dan word jy net breër uiteindelik krimp jy weer – as jy vir groot begroot het weet dit gaan te min wees gaan vir […]
BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
Jimmy se kafee (Goud)
by ‘n tafeltjie vir twee by Jimmy se kafee sit ek in solo met my koffie in die son ek dink aan hierdie dag aan gesprekke wat nog wag die lewe en sy goed die mens en sy gemoed die hymerings en mymerings en alles wat verbrand tot rook en roet ek dink aan wat […]
Beroof
ń senuwee stelsel met elektroniese binnegoed verbind met ń bietjie draad rus op voorsitplek denke is netjies verpak lewe momente flitse glasskyf* vasgevang silwer kristalle reën oor plastiek, geheue word uitgepluk glasskyf skoongewas herhinnering stoor in nano sekondes omskep vir kos bitter tong vervloek die hand wat geheues higenies in glaskristalle laat verdamp dan verkwansel […]