Ek kyk, ek sien, ek weet
Ek kyk – Deur newels van tyd. Deur mis wat draai. Deur blare se waai. Deur kierings wat braai. En ek sien – Hoe die wiel draai. Hoe dejavu sweef. Hoe elke hond ‘n dag kry. Hoe tyd leer. En ek weet – Vrede het ‘n prys. Elke huis het sy kruis en opstaan as […]
Vriendlief
Voor jou is ek net ek. Geen voorwend of skyn. Voor jou is dit maklik en vrese verdwyn My siel is soms naak, my hart openbaar. Gewilliglik kwesbaar, maar nooit in gevaar. Met jou kan ek deel wat ek self nie kan dra. Met jou kan ek deel wat geen ander verstaan. Danksy ʼn band […]
Alles kom tot as
hier sit ons nou jy kyk vir my ek kyk vir jou deur skerms propvol woorde hunker ons na oorde na tye toe ons nog kon praat wat gesê is, is gesê dit wat gedaan is het geen keer en hoe klein is ons verweer wanneer harte sommer net wil bloei (oor elke wond sal […]
‘n helderpienk gedig
daardie dag waarop jy dood is was Matsikamma aan die blom oor die rantjies en die rûens tot onder in die laagtes waar kuile in valleie kom die pienkste kandelare het gebloei deur sand en klip en dat iets so mooi verby moes gaan was veels te hoog vir my begrip maar daardie herfsdag – […]
In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding.
Episode een. Vanaf die dag wat ek sinvol gedagtes kon begin saamvoeg en bewaar en al die sonsondergange sedertdien, was daar ’n voertuig van die een of andere aard wat haarself binne-in, of ten minste baie naby aan, die kern van elke gebeurtenis en ervaring kom neerplons het. Die ander aand om die etenstafel het […]
Rose pienk en Jakarandas pers
rose pienk en jakarandas pers ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn van lelies geel soos die son se skyn malvas bloei steeds in die bloedste rooi dis die swartoognooi wat flikkers gooi oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen en die muurblom wat so […]
Refleksie
Refleksie O, hierdie hart van my, hierdie hart van my word weer flenters gesny deur die pragtige vioolconcerto van Mendelsohn wat my hart in spontane refleks weer oopruk en ou herinnerings laat uitstroom wat die walle van my gemoed oorstroom met ‘n trane refleks oor die skoonheid van woord en klank— Dit raak my siel, […]
Jy blaas en blus my vlamme
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand. Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou soutmansland na groen wingerde en boorde na daar waar […]
‘n Gevulde holte
dae infiltreer leegheid uit alle rigtings waar winde opstaan en gaan lê, ‘n krop geswel en swaar gedagtes wat soos bitterals verstik, ‘n poging om onsamehangend die niksheid binne my tot orde te rangskik en toe kom jy en lei my na waters waar daar rus is, na die donker hart van die aarde waar […]
Ek ken jou soms
Wie is jy? Wese waarvan ek droom – meerman wat bly by die see en nooit skroom om grepies uit sy dag vir my te gee. Jy kom lawe my roos woestyn met die teerheid van ñ gentleman ‘s touch wat rakelings die ruwe rots van my bar siel laat verbrokkel. Jy soutsproei die dorings […]