Jongste aktiwiteit:

‘n helderpienk gedig

daardie dag waarop jy dood is
was Matsikamma aan die blom
oor die rantjies en die rûens
tot onder in die laagtes
waar kuile in valleie kom

die pienkste kandelare
het gebloei deur sand en klip
en dat iets so mooi verby moes gaan
was veels te hoog vir my begrip

maar daardie herfsdag – toe jy dood is –
was ek stom, was ek verslae
dat die hange van die Gifberg
nog steeds sy skoonste jas sou dra

*

jou pen het op my hart graveer
in ink en kleur wat nooit sal wis
en op daardie dag (van skamel hoop)
het ek eens verstaan
dat dit so is

ek wou jou groet in nag se ure
in skadukamers sonder lig
maar tóé
word elke woord van jou aan my
niks minder
. . . as ‘n helderpienk gedig

© C. Shaw
18 April 2026




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed