Jongste aktiwiteit:

As . . . .

As kind het jy my gevind
en saam het ons gegroei
in ons weë saam gebind

As tiener het jy geneem
wat vreugde moes wees
liefde het hom vervreem

As wese het jy versteen
en my met jou geneem
deur eensaam en alleen

As anker sonder ‘n ketting
had jy geen doel vir lewe
en nutteloos was ons een

As vyand het ons gestoei
teen mekaar in die vlees
en in gees het ons gebloei

As een het ons dit verloor
wat die lewe aan ons leen
en een die ander versmoor

As ek die enigste een was
sonder jou aandeel in my
en ek nie so onseker was

As jy die ander vir my sê
dat ek aan jou moet gee
die lewe aan my toegesê

Maar Hy het saam gestoei
teen ‘n mag van duisternis
soos een het ons gebloei

Hy het gestaan aan my sy
waar ek struikel en wankel
en kon ek my vrees oorwin

Was God nie net ‘n skim
en ek nie aan jou gebind
kon ek lewe se berg klim

Was ek dan ‘n ander mens
en het vrede saam gestap
was geluk nie net ‘n wens

19/04/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed