
T0egevoegde Waarde
Toegevoegde Waarde
Oudword is bloot ‘n fisiese beslommernis—
Die enigste bekommernis
is dalk ongemak se wakkerlê
wat nagrus ontsê,
maar elke jaar
se leed en vreugde opgegaar
het in toegevoegde waarde gegroei
met immergroen bloei
tot ‘n kennisryke
en rype
skat, vasgevang in ewige jeug
van verwonderde vreug
oor elke dag
se vrag
van kleur, klank en woord
sien en hoor ,
elk vervlietende skoonheid en drif
behoue ingegrif
en verborge dig
in tydlose gees verewig—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis nou baie mooi tannie Babs, ja hulle se mos oud word is nie vir sussies nie.. maar ek dink ook nie mens moet bang wees vir die ouderdom nie, dit bring soveel mooi, kennis en waardering vir die jonger geslag om van te leer