Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding.

Episode een.

Vanaf die dag wat ek sinvol gedagtes kon begin saamvoeg en bewaar en al die sonsondergange sedertdien, was daar ’n voertuig van die een of andere aard wat haarself binne-in, of ten minste baie naby aan, die kern van elke gebeurtenis en ervaring kom neerplons het. Die ander aand om die etenstafel het ’n storie of twee van amper vergete dae en dinge ‘n gewaring wakker gemaak en nadat die oudste van ons lende-skenking voorgestel het dat ek sommige van hierdie stuitighede van die verlede moet neerpen, het die gedagte ontstaan om die verhouding wat my voertuie met my gehad het, met meer as net die mense om die etenstafel te deel…

Die sosiale status, vergelykbaarheid met die bure en die familie of die sigbare ekonomiese bemagtiging wat so algemeen die oorweging by voertuigaankope is, het lankal reeds uit my Deoksiribonukleïnesuur verdamp. Daarom verkies ek ’n motor wat bestendig betroubaar en sonder veel aansien die teerpaaie van die dorp bewandel.

So om-en-by in 1974 het ek begin om mense met my voertuig te beïndruk. My kosbaarste besitting was heel waarskynlik die skopfiets met die lang saal; ’n ysterponie met sitplek vir twee.
My niggetjie het op die vlerk van die ooievaar by haar Moeder en Vader kom aansluit en aangesien ek blykbaar geen begrip van babatjies en hul grootte en oorsprong gehad het nie, was my teleurstelling steurend groot toe Tante met die dingetjie tuiskom en dit nie saam met my op my blou en wit driewiel kon ( of wou ) ry nie!

In die grootword jare wat gevolg het, het ek ’n “BMX-tipe” fiets gekry terwyl die ander seuns se ouers vir hulle “Choppers” gekoop het.
( In terugdenke is ek baie dankbaar daarvoor want die Chopper was ’n moeilikheidmaker met daai klein voorwielletjie – my laerskool vriend Japie se knieë was meer stukkend as heel!).
Met die regte-egte BMX se verskyning op die winkelrakke, het ek liewers ‘n resiesfiets verkies.
Nie vir lank nie…
In aanloop tot my sestiende verjaarsdag het ek, as enigste en “soms” bevoorregte kind, die smeke, skimpe en versoeke vir ’n 50cc motorfiets soos ’n tweeslagbrandstofdamp die huis vol laat hang. En welliswaar was dit toe so…’n geel Honda Express het die oggend van my verjaarsdag in die motorhuis gestaan en blink. Die ouens noem die goeters nounog ‘n Poegie!
Nie juis die ideale mansgenoeg motorfiets nie, maar my lus was geblus en my beker van geluk se skuimkop vol; hierdie sagte weergawe van die moderne tiener se rondrits vryheid was beslis beter as ’n trapfiets en strate meer as wat my vriende gehad het!

Saam met die geskenk, ’n tenkie vol brandstof en die verjaarsdagkaartjie het daar egter ’n voorwaarde gekom: kry eers jou rybewys voor jy skool toe mag ry.
Tussentyds mag ek net by die huis rondgery het…
(woorde wat later weer sou kop uitsteek)

Soos die sondige natuur maar is, het ek weer die dampe van smeke en versoeke met diep ondersteunende sugte van verontregting die huis laat vul; “want as ek net tot by vriend Marius se huis kan ry, dan is dit darem halfpad skool toe en daar is nie spietkops nie en ek kan dan saam met hom skool toe stap…”
Uiteindelik het my ouers ingestem en aanvanklik het ek gedoen wat ek plegtig onderneem het; maar, hoekom sal ’n mens stap as jy kan ry?
Ek en Marius het wél saam skool toe gegaan…hy op sy fiets, met my op die Honda wat hom trek!

Vir ’n spietkop was ek nie bang nie. Ek sou sommer vir maat Ivan soms “lift” na Oom Piet se apteek toe.
So gebeur dit toe die een middag op pad tussen die skool en sy pa se apteek dat ek en hy en ons koffers op hierdie dun geel geitjie motorfietsie teen die spoed van ’n drie been hond tussen die voorstedelike Boston in Bellville se huise deurvleg en ek in die spieëltjie die ondier gewaar.
Nege of sewe blokke terug het ’n verkeersbeampte op sy ietwat groter motorfiets in ons straat ingedraai en hierdie prentjie op die Express raakgesien. Ek het geweet die snert is aan die kom en dat hierdie pot gort gaan brand as ek nie nou gou ’n plan maak nie….Links in by die volgende systraat; Ivan spring af en begin stap; ek pluk die geelgeitjie se neus om en jaag terug tot by die stopstraat reg om niksvermoedend weg te ry.
Die vlieënde besnorde blou en wit speelpakkiedraer op sy brulfiets het egter ander planne gehad toe hy hom met ’n spoed hier voor my kom staanmaak.
Die middeljarige man het so sonder seremonie of om sy helm af te haal, van sy motorfiets afgeklim, die boksie aan die sy van die sitplek oopgemaak en ‘n boekie met pienk blaadjies uitgehaal.
Ek het hom net grootoog gesit en kyk.
“waar’s die ou wat jy “ge-lift?” het hy gevra.
“ek het niemand ge-lift nie”
Toe kan ek sien hoe die wetsbewaarder se wange onder die oopgesig helm rooier raak terwyl hy die radio van sy stuur afpluk…
“beheer, beheer kom in”
“beheer hier, stuur”
“ek het ’n mannetjie hier op ’n fifty wat ek sien lift het, maar nou is die passasier weg; laat weet; stuur”
“gee hom tien rand”

Met die wegry sit ek die boete in my hempsak en wonder verlig hardop…”jy het toe van my rybewys vergeet, né?”

Einde van episode een




4 Kommentare

  • Anze

    ai jy maak nou sommer baie herinneringe los... heerlik gelees hoor en ek wag in spanning vir al die hoofstukke wat gaan volg

  • neels

    spietkops dink nie aan ander dinge as hulle op een ding ingestel is nie

  • Toom

    Daai ding met die drophêndels! Die naam kom daarvan want dit proe regtig na bloed -- neusbloed. Jy sal weet wat ek meen, as jy al met twaalf op die ou Noord-Rif-Pad daar agter Boksburg êrens met so vyf, ses vriende agter aan 'n lorrie vashou. Met twee vingers en die duim van die linkerhand in die middel van die stuurstang (probeer) vashou en die regterhand soek houvas op die lorrie. Nou moet daar net 'n ongelykheid(-jie) in die pad se oppervlakte kom. En jy skiet in 'n hoge boog in die lug, met bollamakiesie. So in die omdraai, merk jy 'n ander lorrie eers tien jaarts na agter... Dan ontwikkel jy kragte, Boet: Jy land soos 'n sirkus artiste, rol om en oor, pak die fiets wat agternagevlieg kom, gooi hom tweehandig oor die sloot en spring, alles in een beweging, tweebenig IN die sloot. Dat die lorrie eers honderd jaarts later verbykom, beskou jy maar as genade. Tja, drop, hondebloed, neusbloed... Ek sou sê, aapsebloed. So na die smaak, meen ek. GvT

  • Kiekies

    Net gistraand bespreek ons soortgelyke gebeure en jou wrintie hier kom ek op jou lekker vertelling af. Ek wag vir nr 2!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak