Die lewe is niks minder
Die son sak – die lewe gaan voort êrens blaf ‘n hond en bo my blink ‘n ster; hoe wreed is dit nie dat donkertes ons bedompel in ‘n skepping wat nie sonder lig kan bestaan. Duskant myself sit ek stom en staar – woordvrugtend met ryp gedagtes wat kelk oor ‘n sterwende lewe; terwyl […]
Die lewe is niks minder
Die son sak – die lewe gaan voort êrens blaf ‘n hond en bo my blink ‘n ster; hoe wreed is dit nie dat donkertes ons bedompel in ‘n skepping wat nie sonder lig kan bestaan. Duskant myself sit ek stom en staar – woordvrugtend met ryp gedagtes wat kelk oor ‘n sterwende lewe; terwyl […]
Dalk is dit te veel gevra
maar ek wens daar was ‘n plek sonder vrees en sonder bang wees selfs net ‘n stukkie mooi planeet waar ons in vryheid saam kan bly ek bid ‘n land met mense wat wil saambou aan ‘n toekoms – mense wat nog hoop het en wat die liefde laat gedy dalk is daar nog oorde […]
Strandgedagtes
Soms sit jý lank op die strand met jou tone diep in die seesand waar heel branders breek – tussen wolke, die son en ‘n perfekte horison. Jy haatlief ‘n wêreld wat mensvolmaak aan niemandslippe hang, en vra jouself af: “Wat het van jóú geword?” Jy sien hoe die vrees van leegwees skuimend oor ‘n […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
Dooie drome
Elkeen van ons (ek en jy) was eens albei net van jou, want mense soos jy dans deurnag saam die duiwel rond, en vir my om wakker te lê in ‘n hol hart wat my met elke klop belieg is die doodste droom wat ‘n siel kan droom. Misien was jý ook al daar lank […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
die mot
‘n swart mot het in my ontwaak uit die nat van geboorte om ‘n boodskap te bring van P Y N wat vuurwarm wit skroeiend swart brand deur my hart van T W Y F E L en V R E E S oor wat mag wees ‘n stomp mes wat kerf deur senuweedraad draad-vir-draad […]