DIE STORIE VAN ‘N VROU SONDER NAAM
Sy bel my een aand baie laat. Sy vra verskoning daarvoor en val sommer met die deur in die huis. Ek wil vir jou my storie vertel. Ek wil hê jy moet daaroor skryf. Die hele wêreld moet weet daarvan. Ek antwoord half onseker: “Goed. Mag ek sê wie jy is?” · Nee “Mag ek […]
Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916)
goud Vanoggend het Fanus Venter* ‘n nare voorgevoel… en net daar !PLOF! iets in die sandbank – dis die eerste ligdagkoeël. Teen die walle van die Somme is die duiwel eensklaps los tussen kaal geraamtebome – dit is die slag van Delvillebos. Vir die jong man van die Vrystaat is die masjiengeweer se vuur (genadiglik […]
“Anencephaly”.
Oor die aarde heen het die Heer gesoek na ’n tuiste om vir haar ’n plek te boek. Op julle woning het Hy sy oë laat rus en teen ’n voorkoppie haar sag gekus; saam met ’n engel het Hy haar gestuur bygestaan toe ’n moeder baringsnood verduur. Volmaak met handjies en voetjies soos enig […]
Tussen my en jou
Daar het ‘n straal gekraak toe die son opkom en ek hom deur die glinster van jou oog wou vang hy lê nou op die grond besig om donker te word sy splinters skyn soos glas deur die gleufies van wat ons eenmaal was toe ek my hand uitsteek en saggies aan hom raak, het […]
Gebroke mens
Verstar, verdwaalde kyk, uit oë drooggehuil, Dieper lê die waarheid waar agter jy wil skuil. Lyne diep gekerf in ‘n vel so droog soos bas, Lê gekruis oor kommerwonde van elke dag se las. Hande opgewerk, hard en oop gebars, Vryf skurf teen mekaar om die koue te verpas. Hare dof en dor, in ponie […]
Lied van n verslawing
verslaaf aan die terug roep het hy sy kloue om jou jaag jou deur die jare dan vang dit jou stilletjies op met n gebed wil jy dit afskud bly steeds onveranderd steek vas in n sondelike daad pla dit jou nie, al wou jy vra om raad niks om jouself oor te ontverm oortuigend […]
donkermaan
kop-onder-die-sand so staan mense ingepak soos vars kabeljou gevang wanneer die kabeljou loop vasgevang in ontkenning vreeslike dade om hul solank dit net nie hier gebeur nie so donker dat selfs skelms twyfel aan egtheid van situasie is hul prooi dom of is dit ‘n strik gestel om hulle te vang dan bars dit los […]
Waardevermindering
Waardevermindering Ek sien jou diep versink in ‘n gat waarin jy jouself begrawe en waarin lig nie kan skyn ek wil my hand na jou toe uitstrek maar jou gebuigde hoof (nie in gebed) sien my nie raak nie en jou ore is doof gedruis deur die ewige swart golf van gebeure uit die verlede […]