Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
Tuiste vir goddeloosheid
Tuiste vir goddeloosheid Jou geheimsinnigheid lê diep veborge in die steenwerk van jou fondasie jou eensame verlatenheid vertel tog van ‘n tyd van lief, leed en lag ‘n tyd waarna jy sekerlik nog smag ek brand om na jou stories te luister, om te hoor wat hierdie mure fluister – maar deur jou gebrokenheid sal […]
GEVAARLIKE DING
GEVAARLIKE DING om ‘n naam te skend is n gevaarlike dom ding as jy my naam wil skend soos ‘n tent in die grond wil pen soos ‘n pyl wat my hart deurboor snaakse optree maak jou bitter goor GOD het alles klaar gehoor my gebede is ook verhoor passop jy kan lelik gly die […]
Drieankerbaai (Opdrag 1)
nooit weer die galsmaak van bitter bessies nie geen leë eggo’s van soetseer liefde nie ek het gedink ek ken die pyn van vreesloos, kaalvoet oor dubbeldorings loop in die spieëlskerwe van jou iris kon ek ook my hart sien breek hoe absoluut alleen en finaal was elke tree toe jy vir oulaas die grootpad […]
Vals deuntjies vir moeë harte
Jan Pierewiet Jan Pierewaai MY Jantjiepiet sit stil. Die kinders huil, die huis is vuil, maar my Jantjie Piet sit stil. So hou jou soen, my man ‘k maak steeds koffie vir jou kan en jou na-saad maak ek groot; sit maar nog, ek smeer jou brood. Ai Jannie-Piet, my Pietie- peits, stug Pieter-Jan rol […]
Drug Escape – Rap
ek lewe my eie hel lat ek jou dit vertel in my druggiecape lê my real escape in die lewe se gejaag het ek na niks vervaag sien niemand my raak of maak ek nie meer saak ek het myself verloor drugs het my getoor forget is my middle name wat ek dra van shame […]
Tsoenami
op Tahiti se strand het ons vier gestap hand aan hand toe golwe ons tref ek het jul vasgegryp krampagtig vasgeklou water is soveel sterker jul is onder water toegevou jul is weg geruk my lieflingvrou, my dogterkind onder watermassa in gepluk verlore in ‘n watergraf nooit het ons gedink dit sou ons einde wees […]
Geen getuienis
Geen getuienis hier staan ek voor jou in die oog van die orkaan met ‘n pleitskrif om my rede te regverdig jy is my regter en my jurie hoor tog my smeekroep een laaste pleitstuk om voor jou oop te gooi een laaste pleidooi om jou tot orde te roep jy sien my nie meer […]
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]