Jongste aktiwiteit:

Waardevermindering

Waardevermindering

Ek sien jou
diep versink in ‘n gat
waarin jy jouself begrawe
en waarin lig nie kan skyn

ek wil
my hand na jou toe uitstrek
maar jou gebuigde hoof
(nie in gebed)
sien my nie raak nie
en jou ore is doof gedruis
deur die ewige swart golf
van gebeure uit die verlede
wat jou geanker hou
in die hede

dan buig ek my hoof
(in gebed) dankbaar
dat Sy lig my siel penetreer
en versoekend
dat Sy lig tot in jou swart gat sal skyn
voordat jy in waardevermindering
heeltemal wegkwyn
©PcV




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed