donkermaan
kop-onder-die-sand
so staan mense ingepak
soos vars kabeljou gevang
wanneer die kabeljou loop
vasgevang in ontkenning
vreeslike dade om hul
solank dit net nie
hier gebeur nie
so donker
dat selfs
skelms
twyfel
aan
egtheid
van situasie
is hul prooi dom
of is dit ‘n strik
gestel om
hulle te
vang
dan bars
dit los
en
vere waai
soos mense
verskrik lawaai
dit het gebeur
nou is dit hier
ons is nou
deel van
kriminele
statistiek
helaas
te laat
ons lig
is dood
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.