die mot
‘n swart mot het in my ontwaak
uit die nat van geboorte
om ‘n boodskap te bring van
P
Y
N
wat vuurwarm wit skroeiend swart
brand deur my hart van
T
W
Y
F
E
L
en
V
R
E
E
S
oor wat mag wees
‘n stomp mes wat kerf deur senuweedraad
draad-vir-draad deur been en vlees deur
grein en groef en lewe transeer
die seer en die kwaad oor-en-oor in ‘n
n i m m e r e i d i g e d r e i n
v a n v e rs e t en h a a t a f g e l a a t
deur werdergeboorte
het die mot getransendeer van
swart na grou na grys na rooi
na blou en groen en geel en wit
in ‘n veelkleurige vlinder
wat dans oor papier
om ‘n boodskap te bring
van lieflike liefde
geloof en
hoop
©Evanthe 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.