Die lewe is niks minder
Die son sak –
die lewe gaan voort
êrens blaf ‘n hond
en bo my blink ‘n ster;
hoe wreed is dit nie
dat donkertes ons bedompel
in ‘n skepping
wat nie sonder lig kan bestaan.
Duskant myself sit ek stom en staar
– woordvrugtend
met ryp gedagtes
wat kelk oor ‘n sterwende lewe;
terwyl die wegdraai van die dood
die waarheid openbaar –
dat ek en jy net ‘n blad in ‘n boek is
waar konteks die enigste teks is
wat die verhaal kan volbring.
Die son kom op –
die lewe gaan voort
êrens kraai ‘n haan drie maal
en binne my klop ‘n hart van staal.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.