
Dooie drome
Elkeen van ons
(ek en jy)
was eens albei net van jou,
want mense soos jy
dans deurnag saam die duiwel rond,
en vir my om wakker te lê
in ‘n hol hart
wat my met elke klop belieg
is die doodste droom
wat ‘n siel kan droom.
Misien was jý ook al daar
lank voor elke nuwe oggend;
sy strale begin blink vryf
tot vyf minute
voor die volgende vasel
‘n hele string van gebeure ontrafel.
Want hier kon ek en jy ook dalk
soos altwee van julle
– binne jou
een wees
as ons albei nie so baie kere
net soos jy moes wees nie.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.